Die ewige raaisel van MH370
Familielede van die passasiers sê die verslag het hulle niks wyser gemaak nie.
Die ondersoekspan na die verdwyning van die Malaysian Airlines se vlug MH370 sê hulle kon nie een van die wêreld se tergendste lugvaartraaisels oplos nie.
“Die span kan nie vasstel wat die werklike oorsaak vir die verdwyning van MH370 is nie,” het Kok Soo Chon, hoof van die MH370-veiligheidsondersoekspan in Kuala Lumpur, Maleisië se hoofstad, aan verslaggewers gesê.
“Die antwoord kan slegs sonder twyfel bevestig word indien die wrakstukke gekry word,” het hy geantwoord op ’n vraag of die span ooit sou kon uitvind wat met die vliegtuig gebeur het.
Vlug MH370 het op 8 Maart 2014, op pad van Beijing, China, na Kuala Lumpur met 239 mense aan boord verdwyn.
Volgens The Guardian het Kok Soo Chon die ondersoek as een van die moeilikste take ter wêreld bestempel. Daar was geen bewyse of groot wrakstukke nie.
“Ons het al die bewerings en skinderstories op sosiale media gelees,” sê hy.
Die verslag van 1 500 bladsye lewer egter net een redelike sekerheid op en dit is dat die vliegtuig met opset van koers af gedwing is en na die suidelike Indiese oseaan gevlieg is, berig Bloomberg.
Uitgebreide soektogte na die vliegtuigwrak het niks opgelewer nie. ’n Paar wrakstukke het wel op strande in Afrika uitgespoel, maar geen lyke is tot nog toe gevind nie.
Familielede van die passasiers sê die verslag het hulle niks wyser gemaak nie. Dit het egter foute uitgewys en protokolle en riglyne is nie gevolg nie.
“Ons hoop dat die foute nie herhaal sal word nie en maatreëls ingestel sal word om dit in die toekoms te voorkom,” sê Grace Nathan, ’n prokureur wie se ma, Anne Daisy, op die vliegtuig was. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie