Die feestyd is hier
Niks in hierdie wêreld maak my so opgewonde soos Kersfees nie. Dit is die hoogtepunt van my jaar en is ook die een ding wat my deur die jaar dra. Dit is of hierdie kombers van geluk net oor die samelewing lê en almal is vriendelik en behulpsaam. Ek verstaan nie heeltemal hoekom ons nie hierdie sentiment die hele jaar kan volg nie, maar dit is deel van my lys vrae waarop ek seker is ek nooit 'n antwoord sal kry nie.
Wat ek ook waardeer van hierdie feestyd is die vermaak wat met kersinkopies gepaard gaan. Kyk, die vriendelikheid van Kersfees is volgens een of ander ongeskrewe reël nie van toepassing op kersinkopies nie, want hier is dit elke man vir homself.
Pappa het weer vergeet wat hy moes koop vir vroulief, en sy jaag om vir die kinders geskenkies te koop wat van haar en Pappa af is. Pappa haal dan sy beste toneelspel uit wanneer hy maak asof hy presies weet wat in daai geskenkpakkie is, want hy en Mamma het dit mos saam gekoop, of hoe?
Ons het die hele jaar om hierdie takie te voltooi, maar ons verkies om on the edge te lewe en dit die 24ste Desember af te handel. Dit was presies ons gesin verlede jaar. Ons het besluit om op nommer 99 hierdie takie af te handel. Ons vlieg vroeg die oggend uit die bed, gewapen met geduld, opgewondenheid, adrenalien en so 'n tikkie vrees dat ons nie alles gedoen gaan kry nie. Dan het jy nog die beperkte begroting waar jy met N$100 vir 500 mense geskenke moet koop.
Die eerste uitdaging op ons pad is die lieflike verkeer, want lyk my ons is nie die enigstes wat hierdie takie nog nie gedoen het nie. Jy sukkel om parkering te kry, jy kan nie die lugverkoeling aanskakel nie, want jy het nie die petrol daarvoor nie, en die spanning loop reeds hoog in die Stofbergs se Nissan Micra.
Toe ons ná wat voel soos 'n ewigheid parkering kry, is ek klaar moeg, honger en geïrriteerd. Die mall is 'n nagmerrie en ek weet sommer hier kom moeilikheid. Ons stop eerste by ons go to winkel, want as Clicks dit nie het nie, wie sal dit hê? (En kom ons wees eerlik, daai pers geskenkieplakker wat drie vir twee geskenke verseker, het my al meer as een keer met 'n verjaarsdag en Kersfees gered.)
Ek en Johanna (die dame wat besluit sy doen ook op D-dag inkopies) het oënskynlik dieselfde smaak in badgoed, want al twee van ons staan en kyk dieselfde rak met leepoë aan. Eers dink ek hier is 'n pragtige kameraadskap tussen ons, maar duidelik het ek die situasie verkeerd gelees. Johanna soek die laaste pakkie van die badgoed wat soos rose ruik, en ek soek dieselfde treffer. Sy kyk vir my en ek kyk vir haar en ek sien hier gaan bedagsaamheid en my wennerglimlag nie die ding doen nie.
Ek bekyk die spasie tussen haar en die rak en besluit die spasie is net groot genoeg vir my om daai geskenk wat ek beslis eerste gesien het, te kry. Sy dink nog sy wil die pakkie vat, toe ek my wulpse lyfie soos 'n properse gimnas beweeg om my budget-geskenk voor haar neus te gaps.
Ek stamp haar per ongeluk ook in die proses, en daar trek Johanna en die rak badgoed grond toe (duidelik is ek nie so klein soos ek gedink het nie). Ek probeer nog verduidelik, maar Johanna lyk of sy my wil doodgooi met seep, toe maak ek myself maar baie vinnig uit die voete.
Moenie soos Johanna wees nie.
Doen eerder jou inkopies vir Kersfees betyds.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie