Die folterkamer se gruwels
Kristien Kruger – Dis weer sulke tyd – my jaarlikse inklok by die makabere tandarts.
Ek weet nie van jou nie, maar ek sien telkens op na die ongemaklike half-lê, half-sit by die man met die skerp naalde en boormasjiene, om nie eers te praat van sy vriend met die stofsuier nie.
Niks teen tandartse nie. Ek is seker ons sal veel lekkerder kan gesels as my mond nie heeltyd wawyd oopgesper moet wees nie.
Jy weet presies waarvan ek praat – die ongemaklike gegorrel om woorde uit te kry terwyl hy krap en grawe. Die ongemaklike vermyding van oogkontak. Kyk ek na die dak? Kyk ek vir hom? Maak ek my oë toe?
Ek kry dikwels dieselfde gevoel as hulle by die salon my hare was. Waar kyk jy terwyl die water tot in jou ore kruip en by jou nek afdrup? Genadiglik vergeet mens vinnig van die ongemak as daai kundige hande eers begin masseer. Ek troos myself darem dat wanneer ek hier gaan uitstap, lyk ek soos 'n 'million dollars' en voel soos Julia Roberts.
Wens ek kon dieselfde sê van hierdie kliniese wit folterkamer, maar ek voorspel reeds dat ek met 'n dik lip sonder gevoel en 'n gedurige onbetoombare gekwyl hier gaan uitstap.
Van Julia Roberts na Rocky Balboa.
Maar ons almal moet elke nou en dan maar die pyn en ongemak aandurf, hoewel ek weet van mense wat 'n dekade terug laas by 'n tandarts was. Indien jy een van daardie mense is, dan is hierdie die teken waarvoor jy gewag het. Maak eerder jou afspraak voordat die plaak by jou ore begin uitloop.
Dis onafwendbaar en hier is ek nou. Op hierdie stoel, oopbek en ek verduur vir 'n wyle die ongemaklike, vreemd-intieme oogkontak met my martelaar.
Al waaraan ek kan dink, is of my asem stink. Onmoontlik! Ek het twee keer geborsel, gevlos en gespoel voor ek by hierdie deur ingestap het.
Ek sweet en voel hoe my bene aan die plastiekbedekte stoel vaskleef. Ek wil posisie verander, maar is te bang om te beweeg. Is my tong in sy pad? Ek moet sluk. Waar is die man met die stofsuier? Nee, nie so diep nie!
Hy vra of ek nog oukei is en ek slaag daarin om 'n vinnige 'ah-ha' uit my oopgerekte mond te kry.
Dan sien ek hoe haal hy 'n lang naald uit en steek dit tot in my sagte pienk verhemelte. My hele liggaam gril.
Die pyn is gelukkig nou minder, maar die spoegsuier gaan steeds te werk.
Ek bid die laaste halfuur om en kan uiteindelik my mond toemaak. Dit voel asof my kakebeen nooit weer gaan herstel nie.
Dis gelukkig nou gedoen en ek hoef dié gruverhaal nie gou weer te beleef nie.
Ek weet nie vir wie was dit erger nie – vir my of die tandarts...

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie