Die frustrasie om sonder water of krag te wees
Mariselle Stofberg
Daar is niks in hierdie wêreld wat jou so magteloos laat voel soos wanneer jou krag af is of as jy sonder water sit nie.
As iemand jou voor die tyd waarsku kan jy jouself nog emosioneel voorberei, maar sonder enige waarskuwing is dit nogal iets wat jou lekker kan ontsenu.
Ek was ‘n paar dae terug in presies daardie bootjie. Ek is een van daardie mense wat nie sonder ’n waaier kan slaap nie. Al reën, sneeu of hael dit, word die waaier aangesit, want ek kan nie in stilte sit (of slaap) nie.
Soos in glad nie.
En toe, presies om 04:55, slaan die krag af. En Mariselle sit regop in die bed, want skielik kan ek my eie hartklop hoor. Eers dink ek ons het vergeet om krag te koop, en ek is net te lui om op te staan en krag op te laai.
Ek lê en hoop my ma staan op en doen dit, maar hoe langer ek lê, hoe meer besef ek dit gaan nie gebeur nie. Ná 5 minute van absolute stilte besef ek my ma het dieselfde plannetjie gehad, want toe strompel ons al twee by die gang af, op soek na die ander om te vra hoekom hulle nie kon krag oplaai nie.
Met dié probeer ek my bes om dit tot by die garage te maak om die kragboks te kry. Ek loop teen drie stoele vas, stamp my maermerrie nerf-af teen die kombuistafel en loop bo-oor my arme hond.
Vier bloukolle en drie redelike lelike vloekwoorde later staan ek in die garage en besef hier is groot fout. Alles is piknagdonker. Die hele buurt. Net so.
Dit is nie net ons krag nie, maar almal s’n. Skielik hoor jy die muskiete vlieg en die oom drie huise weg wat in sy bed rondrol.
En die buurt se WhatsApp-groepe is behoorlik aan die gons.
Dit is vistenks wat sal vrot en yskaste vol vleis wat sal sleg raak en wasgoed wat nog nie gewas is nie en die lys gaan aan.
Die een wil braai, maar die ander een stres oor haar visse. Iemand stel voor die visse word sommer ook gebraai, en skielik raak dit soos ’n hele Binnelanders-episode.
Ek en my ma besluit ons gaan maar weer probeer slaap, al weet ons albei dit sal nie werk nie.
Ek lê in die bed, en slaap wil net nie kom nie. Ek kan hoor hoe my hond haar ore skud, ek hoor die koringkrieke buite en skielik kry ek warm, al weet ek voor my siel dit is winter en koud.
En al weet jy die krag is af, bly jy steeds die ligskakelaar aan en af sit. Hoekom kan niemand my sê nie, maar ons gaan voort.
Die volgende aand kom nader, en die hele buurt sit steeds sonder krag. Ons begin maar die kerse aansteek. Ek besluit die atmosfeer smeek mos vir ’n warm bad. Hoe romanties is ’n bad met kerse nie. Met drie armsalige kerse (van kerse het ons nou nie juis baie nie) loop ek vol bravade bad toe. Ek tap ’n bad vol skuim en sit nogal met ’n leesboek in die bad, asof ek met dié drie verskonings vir ’n kers enige iets kan sien.
Ek hou myself vreeslik Angelina Jolie daar in die bad, tot Mariselle vergeet sy sit met drie kerse langs haar. Ek stamp met my elmboog een kers om en al die warm was is bo-oor my arm en die boek wat ek so kamma wil lees.
Ek vererg my en probeer uit die bad spring, maar kan in die proses niks sien nie en trap in ‘n plas water en val in my volle glorie op die koue badkamerteëls.
Dit is hoekom ek nie goed doen sonder krag nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie