DIE GALG WAG
DIE GALG WAG

DIE GALG WAG

Otis Finck
Besoekers aan vanjaar se Hentiesfees wat nog nie 'n draai by Die Galg gemaak het nie, kan gerus gaan kyk. Die Galg is berug oor al die verkeerde redes. Niemand is ooit daar opgehang nie. Die landmerk is in 1978 opgerig deur Frank Atkinson en Willie Cilliers, die eerste permanente inwoners van Hentiesbaai. Die Galg herinner bloot inwoners en vakansiegangers daaraan om die dorp en strand skoon te hou - en dit werk die afgelope 41 jaar goed. Gaan lees die gedenkplaat wat by Die Galg aangebring is om verseker te wees dit was nié oor 'n naamlose inwoner wat sy lewe daarmee geneem het nie. In Oktober 2015 het die struktuur omgekantel en op sy rug beland. Talle inwoners het ingespring en binne dae was die lus weer in die lug. Foto Iréne-Mari van der Walt

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!