Die gedagtes van 'n 'modern-day' gypsy: #Sundayblues
ademloos hang die lug,
stil en dik en warm
in die donker nag
geen wind wat roer
geen ster wat deur
die blare vir jou loer
swart wolke sloer,
lui, geluidloos, swanger
swewend deur die donker lug
prentjies geskets in
geel en pers en silwerig
deur die maan se dowwe lig
weerligstrale in die verte,
sekondes van satyn
wat die hele veld verlig
die bome weerloos afgeëts
biddend met hul arms
na die hemele gerig
'n enkele paar druppels
val lui-lui op die dak
om net weer stil te raak
in die nog stiller nag
die hitte selfs nog dikker
wyl ek op uitkoms wag
stil en dik en warm
in die donker nag
geen wind wat roer
geen ster wat deur
die blare vir jou loer
swart wolke sloer,
lui, geluidloos, swanger
swewend deur die donker lug
prentjies geskets in
geel en pers en silwerig
deur die maan se dowwe lig
weerligstrale in die verte,
sekondes van satyn
wat die hele veld verlig
die bome weerloos afgeëts
biddend met hul arms
na die hemele gerig
'n enkele paar druppels
val lui-lui op die dak
om net weer stil te raak
in die nog stiller nag
die hitte selfs nog dikker
wyl ek op uitkoms wag
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie