Die geheime krag van musiekonderwys
Die geheime krag van musiekonderwys

Die geheime krag van musiekonderwys

Gerine Hoff
As jy al ooit meer oor musiek en kuns wou leer, beproef gerus ’n wye verskeidenheid musikale instrumente en beeldende kunste onder leiding van die toegewyde onderwysers by Arts Performance Centre (APC) op Tsumeb, sê Annackey Damaskus.
“Dit is ’n wonderlike geleentheid vir beginners én jong musiekstudente om musiek en kuns beter te leer ken.”
APC Tsumeb bied lesse aan in viool, tjello, klarinet, kitaar, harp, horing, klawerbord, klavier, fluit blokfluit, trompet, marimba, saksofoon, tromboon, sowel as musiekteorie, sang, beeldende kunste (verf en teken) en dans en pre-primêre musiekonderwys vir kleuters. Daar word ook gereeld konserte vir die gemeenskap gehou.
Studies toon dat musiekopvoeding ’n kragtige uitwerking op die persoonlike en akademiese ontwikkeling van ’n kind het. “Die gesegde dat musiek jou slimmer maak, is in navorsing op die brein en kwalitatiewe sielkundige studies bewys,” sê Demaskus. “Musiek word beskou as ’n noodsaaklike deel van ’n skool se leerplan omdat dit motiverende voordele vir kinders inhou.”
Sy sê voorts die kunste lei tot die gebalanseerde ontwikkeling van die kind op persoonlike, sosiale en intellektuele vlak, sowel as die ontwikkeling van geletterdheid, gesyferdheid, kreatiwiteit, sosiale vaardighede, konsentrasie, spanwerk, fyn motoriese koördinasie, selfvertroue en emosionele sensitiwiteit.
“Musiek help ook met die hantering van depressie, angs, spanning, kommer en stres. Geïsoleerde, eensame mense vind troos in musiek,” sê sy.
’n Volledige stel verwysings sowel as bykomende hulpbronne is beskikbaar by www.apcnamibia-lis.ch/ Kontak APC by [email protected] of skakel 067 220 511 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!