Die gras is groener daar waar jy dit natlei
Die gras is groener daar waar jy dit natlei

Die gras is groener daar waar jy dit natlei

[email protected]
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Ken jy die gesegde “Die verste gras is die groenste”? Die Engels is dalk meer bekend – “The grass is always greener on the other side”. Ek dink ons almal sal baie gelukkiger wees as ons besef die gras is groener daar waar jy dit natlei, so dink mooi voor jy jou spreiers staanmaak.

In die wêreld waarin ons leef met tegnologie en sosiale media, verval ons maklik in die gewoonte om ons lewens met die van ander te vergelyk. Ons vergelyk ons alledaagse met die mooiste dele van ander mense se lewens. Mense deel nie die moeilike, lelike dinge in hul sosiale media nie. Dit is slegs die mooiste foto’s wat versigtig gekies en soms selfs verander en aangepas is, wat dit op elkeen se persoonlike profiel maak. Eg of nie, soms kyk ons na ’n foto en dink: “Ek wens ek het so gelyk”, “Ek wens ek kon dit bekostig”, “Ek wens my lewe het so gelyk”.

Een ding wat jy moet onthou, is jy is in beheer. Jy kan kies waaraan jy jouself blootstel. Ek het een goue reël as dit kom by sosiale media en my aanlyn teenwoordigheid – as ek iets sien wat my in myself laat twyfel of iets waarmee ek nie saamstem nie, “unfollow” ek dit onmiddellik. Nadat ek die reël begin toepas het, is my sosialemediaplatforms ’n plek van positiwiteit wat my laat goed voel en opbouend is.

Niemand se lewe is so perfek soos wat hulle dit op die internet laat lyk nie en dit is onregverdig teenoor jouself om jou lewe daarmee te vergelyk. Hou op om oor die heining te loer en maak seker jou eie tuin is mooi versorg.

Daar is ’n groot aantal positiewe profiele en “pages” daar buite en wanneer mens hulle in jou kring begin insluit, maak dit ’n verskil in jou ingesteldheid, liggaamsbeeld, selfvertroue en ook die manier waarop jy dinge in die sosiale media deel. Dit het ’n kettingreaksie wat die digitale wêreld ’n baie beter plek maak.

Jou sosiale media is nie die enigste plek waar jy onkruid moet uittrek nie. Dit geld vir alle aspekte van jou lewe.

Ons is so geneig om op die negatiewe goed te fokus dat ons vergeet om dankbaar te wees en dit te waardeer wat ons wel het. Soms moet jy ’n breuk vat van die gejaag na sukses en volmaaktheid en vrede en geluk vind in die mooi en positiewe goed in jou lewe.

Dié goed wat ons najaag – volmaaktheid, sukses, geluk. Is dit regtig waarna jy smag of is dit wat jy dink die wêreld van jou verwag? Dit is belangrik om soms bietjie terug te staan en regtig vas te stel wat die rede is en soms vir wie jy iets doen. Is dit vir jou die moeite werd? Gaan dit jou gelukkiger maak?

Sommige mense is net in ’n verhouding omdat hulle te bang is om alleen te wees. Wees dan eerder alleen en gelukkig as in ’n ongelukkige verhouding. “So what” as jy amper dertig en enkellopend is – almal se tydlyn verskil. Dieselfde geld vir kinderskry, trou, studeer en selfs aftree.

Moet nie deur vrees of ander mense se verwagtinge gedryf word nie. Jou lewe is jou eie. Leef dit soos jy wil en nie soos jy dink dit geleef behoort te word nie.

Hou op om oor jou bure se heining te loer en begin jou eie gras natlei.

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.81/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.11/BBP UP +1.03% | Platinum US$ 987.58/OZ DOWN -0.0208 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.81/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.11/BBP UP +1.03% | Platinum US$ 987.58/OZ DOWN -0.0208