Die ‘Grim Reaper’
Tielman van Lill - Om iemand naby jou te verloor, aan die dood af te staan, is sekerlik die mees traumatiese ervaring wat enige mens kan beleef.
Wie is iemand naby jou, hoe ver is die naby aan jou waarvan ek praat? Dit kan ‘n verlangse neef of niggie wees, ‘n kennis of dalk net ‘n goeie pel met wie jy ‘n lang pad gestap het. Maar dit kan ‘n dogter of seun wees, jou vader of moeder, dalk ‘n dierbare ouma of oupa wat hul laaste jare in oudagkoeltes verwyl het.
Die dood sluip altyd soos die spreekwoordelike dief in die nag om onverwags onder ons te kom maai. Hier by die koerant het in die kort vier jaar wat ek hier werk, vier mense ons met nagedagtes aan hulle gelos.
Ek dink met groot hartseer aan wyle Yvonne van ons kafeteria (oorlede 2014), Gene Travers (oorlede 16 April 2015), Alita Louwrens (oorlede 15 September 2016) en meer onlangs Errol Hurter (7 Oktober 2017). Beide Gene en Errol is deur die groot K oorrompel terwyl Alita vir 21 jaar met ‘n Natalse ruilhart ‘n tweede kans gegun is.
As daar in ‘n klein kringetjie so naby aan ‘n mens geoes word, kan ek nie wonder wanneer daar in my bos gekap gaan word nie. Genadiglik is ek vir vele jare gespaar met naasbestaandes wat ek moes gaan groet. My oorlede Ouboet Tielman se heengaan op sewejarige ouderdom is ek genadiglik gespaar, verder was dit oumas en oupas gewees en meer onlangs my moeder wat verlede Mei op 86 oorlede is.
My pa was ‘n gesonde 77, of dalk het hy net nooit iets gesê nie? Ek het hom in my lewe nooit hoor kla nie. Elke namiddag het hy getrou sy badkamerfiets geroer en dan in sy kantoor gaan sit waar hy homself besig gehou het.
Die een dag was hy nog daar en die volgende dag was hy weg. Ek onthou die skok, ontnugtering, die woede en die vrae: Hoe is dit dan moontlik? Hy was dan nog gister hier? Maar as ek dit kan en mag sê, dit is sag, ja sag. Dit is presies wat ek bedoel. Om ‘n geliefde weens siekte of natuurlike oorske aan die dood af te staan, is iets anders as om jou by ‘n stukkende liggaam in hartverskeurende smart te kniel.
Ek dink vandag aan al die gebroke families in Suid-Afrika wat al by ‘n oop graf ‘n geliefde moes groet wat deur geweld op ‘n plaas afgemaai is. Hoe gefolter en getraumatiseer moet daardie mense nie wees nie? Wanneer maak daardie mens vrede met die feit dat sy of haar geliefde wat deur geweld uitmekaar geruk is, nie weer sal terugkeer nie? Dalk genees die wonde, maar daar sal altyd 'n merk wees. Soos 'n knoets aan 'n boom om te wys waar die tak afgeruk was.
Ek kan myself dit eenvoudig nie voorstel nie. Neem dit jare vir die pyn om te verdof om elke dag maar weer soos ‘n wrede nagmerrie voor jou bed in die nag te kom lê?
Terwyl ons veilig in Namibië sit en oor minder belangrike sake teem, bloei ons suidelike buurman ‘n stadige dood wat net ‘n idioot nie sal kan insien of verstaan nie. Op Swart Maandag het duisende in Suid-Afrika opgeruk om stanpunt in te neem. Of dit iets aan die woede van mense gaan doen, weet ek nie. Of die Suid-Afrikaanse regering enigsins belangstel om daarna te luister en iets daaraan te doen, is hoogs onwaarskynlik.
Die plaasboere en hul mense is moeg en stukkend. Hul seuns en dogters wat nie op die plase woon nie, is gebroke. Hulle kan nie meer nie, wil nie meer nie. Dalk kom daar ‘n dag dat hulle gaan sê ons gaan nie meer nie. Wat dan?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie