Die groei en kwyn van Skotse dorpe
“Skilderagtig” as 'n beskrywing van 'n plekkie is so flou soos verdunde whiskey. Kru, rof, raar of selfs aaklig sê meer, maak nie saak hoe ongelooflik skilderagtig die plek is nie.
Pragtige plattelandse dorpies in Skotland is weinig meer as 'n hoofstraat omsoom deur stewige, eeueoue geboue. Dié is selde hoër as drie verdiepings sodat besoekers nie hoef te voel dat die skaal, mens teenoor klipmuur, hom gaan oordonder nie. Van die dorpe glimlag nog vriendelik, maar 'n paar kort tande en om te leen by die ekonome toon negatiewe groei.
Nairn, oostelik in die middel van die Skotse Hooglande, is so 'n dorp. Haar inwoners spot fatalisties self daaroor deur middel van hul dorpsnaam. Sê Nairn vinnig met 'n bry en dit klink soos die geluid van 'n spoedende kar. Naaairn! En min mense hou nog daar stil.
'n Goeie aanduiding van 'n middedorp se lewenskragtigheid is die verskeidenheid items op sy supermarkrakke. 'n Gemeenskap wat sente omdraai, het nie geld vir luukses nie. Hier was ook nie.
Nog 'n kisspyker: Om my dors te les en op 'n bietjie plaaslike skindernuus in te skakel soek ek 'n pub en bly droëbek. Nairn se enigste oog in die sentrale dorpsgebied was gesluit en te koop.
Een lekkende reddingsboot vir Nairn is sy hawetjie vol seiljagte. Dit is egter 'n sinkende reddingsbootjie, want dit lyk of die snobistiese seiljagters selde die dorp invaar en verkies om nie verder as die klubgebou te kuier nie.
In die laat 19de eeu beleef die groterige dorp 'n hoogtepunt deur goeie visvangste. Die formidabele vroue van Nairn het byna alles gedoen, behalwe self die visse gevang. Hulle het aas gaan soek, aangesit en dan gewag dat die mans die vangwerk doen.
Die vroue gaan tel dennebolle op in die woude en rook van die vis. Die gerookte happie het bekend en toe 'n gewilde lekkerny geword. Hulle laai groot mandjies swaar met visse en gaan smous daarmee. Intussen maak hulle kinders groot.
Dit neem die mans meer as tweehonderd jaar om die vlytige vrouens se waarde te besef en in 2007 te vereer met 'n standbeeld van 'n voortreflike visservrou.
Ons het Nairn met laagwater belewe met die see ver teruggetrek en sy taai modderpoele blootgelê, terwyl die inwoners wag vir die gety om te draai.
Ardersier, 'n nabygeleë kusdorpie, is ook in die pat staat van een vir jou, een vir my. Sy redding is 'n oulike klein kaasfabriek waar 'n verfrissende suiwel snoepbord van plaaslike produkte met koffie of so geniet kan word.
Die militêre basis, Fort George, lê so 'n entjie buite die dorp en van die leë dorpshuise kon deur die militêre personeel beset gewees het as hulle nie verkies het om in die ou barakke te bly nie. Andersins het die beste eetplek in die dorp 'n sjef of 'n koper, of al twee gesoek.
Dit is dus so om't ewe pessimisties optimisties dat ons van 'n alternatiewe plattelandse nedersetting hoor wat besig is om te groei. Oorspronklik was dit net 'n kommune met gehuggies wat deur kunstenaars en dropouts aanmekaar getimmer was, maar vandag besit die Findhorn-stigting, wat die spesifieke area beheer, 'n paar respektabele eiendomme en het sowat 350 lede. Hul credo is eenvoudig: “Verwag 'n wonderwerk.”
Die ekonedersetting word deur drie beginsels bestuur: Luister na jou innerlike stem, werk is liefde in aksie, en skep met die intelligensie van die natuur. Dit is so edel daar is min te argumenteer hieroor, sonder om soos 'n mugu oor te kom.
Afgesien van heelwat Wlotzkasbaken-tipe houthutte staan daar 'n paar groot huise, openlik eko-vriendelik gebou. Natuurlik baie sonpanele. Die meeste inwoners is in kreatiewe beroepe. Ons praat met die mense. Hulle lyk net soos ek en jy. Hulle maak nie 'n spinnekop dood wat tydens ons geselsie opdaag nie. Ek dink hulle vra ekskuus vir die gras as hulle daarop moet stap.
In Findhorn het die droom van 'n paar wortel geskiet en gegroei. As dit jou geval, gaan soek jou voorstedelike vrede daar in Noordoos-Skotland. Spaar net die goggas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie