Die groter, sikliese gang van dinge
Die groter, sikliese gang van dinge

Die groter, sikliese gang van dinge

Dani Booysen
H VAN ZYL SKRYF:

Ek volg die parlementêre verhore oor "state capture" op TV - baie interessant en kommerwekkend.

Toe iemand in die koerant sy mening gelig het oor die weerkantore, het dit my laat terugdink aan ’n Carte Blanché uitsending wat ek tussen 1992 en 1998 gekyk het wat gegaan het oor ’n onderhoud met ’n persoon wat die volgende gesê het: Alles in die lewe werk in siklusse - elke jaar, twee jaar, tien jaar, selfs tot honderd jaar of langer.

'n Voorbeeld van siklusse is die maanverskynsel elke 150 jaar.

En wat hy toe gesê het, is dat die markte oor die wêreld in afsienbare tyd gaan tuimel, want die siklus toon dit aan.

Hy het ook vertel hoe hy as persoon "geplant" is om die verskeie markte in verskeie lande tot voordeel van sekeres te beïnvloed en dat daar ook persone is wat spesifiek sekere ministers of staatshoofde of ander invloedrykes teiken om sekere onwettige dinge te doen en sodoende ’n houvas op hulle kry, en dat hierdie persone miljoene verdien om markte te beïnvloed, ens.

Hy het genoem dat hy een van daardie persone was en het ook verduidelik dat daar elektroniese "chips" onder hul vel ingeplant word om te verseker dat die persone doen wat hulle moet doen.

Terloops, ek het daardie stadium in Durbanville gewoon en het dieselfde Sondagaand vir my vrou gesê ek gaan môre (Maandag) my paar rand by Sanlam en Old Mutual onttrek, wat ek gedoen het tot my vreugde, want ’n paar dae daarna het die markte geweldig "getuimel".

Hy het ook genoem dat indien die aarde slegs een graad op sy denkbeeldige as tuimel dit die weersomstandighede in die hele wêreld gaan beïnvloed, soos dat die Wes-Kaap baie minder reën in die winter gaan kry en sekere dele in Namibië meer reën in die winter gaan kry, ens., ens.

As ek kyk na wat alles ten opsigte van die volgende wêreldwyd plaasvind, moet ek hierdie persoon glo. Korrupsie, ekonomiese toestande, dienslewering, kripto geldeenhede, die weersveranderinge, ens., ens.

Ek dink nie dat iemand ’n genie moet wees om sekere waarnemings/afleidings en sekere besluite te maak nie, maar slegs die vermoë moet hê om na verskillende nuusberigte, voorspellings, menings en waarskuwings te luister.

Ek het kort voor die Steinhoff-debakel besluit om my paar rand by ’n sekere instelling te onttrek, wat ek tot my vreugde gedoen het, want kort daarna het die "geraamtes" uit verskillende kaste begin val, byvoorbeeld Steinhoff, Eskom, MultiChoice, Prasa/Transnet en nou Capitec Bank (ek glo waar ’n rokie is, is ’n vuurtjie).

Die RSA kan nie nog ’n skok bekostig nie en na my mening is dit die beste dat die Reserwebank niks negatiefs or Capitec sê nie, want dan gaan die markte nog verder negatief reageer, wat Namibië en RSA nie kan bekostig nie.

Na my mening sal dit baie interessant wees as daardie betrokke uitsending van Carte Blanche bekom kan word en dit meer deeglik ontleed kan word.

Ek dink ter afsluiting aan die firma Viceroy wat nie eerste was met die dinge van Steinhoff of Capitec nie, hulle het maar net die vuur in die RSA aangeblaas.

Ek haal my hoed af vir al die ondersoekende joernaliste en ek hoop nie dat "geraamtes" hier in Namibië uit kaste gaan begin val nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!