Die Hardapstreek
Dis hier!
Voeg kaart in!
In ’n neutedop
Sesriem en Sossusvlei in die suidelike Namibwoestyn is van ons land se bekendste aanloklikhede wat sinoniem is met die Hardapstreek. Die streek is vernoem na Namibië se oudste en grootste dam wat in die Visrivier gebou is en wat water voorsien aan mens en dier wat in dié gebied woon. Die Hardapdam is geleë net noord van Mariental, die streek se administratiewe en ekonomiese middelpunt. Hier kruis die B1-hoofroete ook met die groter paaie wat toegang bied tot die Kalahari in die ooste en die Namib-Naukluftpark in die weste. Met twee woestyne en asemrowende bergreekse na die weste, is Hardap een van die land se streke wat in terme van voorkoms, die mees afwisselend is.
Hoewel dit een van twee streke is wat oor die land strek, is Hardap bykans so yl bevolk soos die //Karasstreek.
Sien dít!
Na die weste
• Die Namib-Naukluft Nasionale Park is die grootste ekologiese bewaringsgebied in Afrika - ’n volle 40 000 km², en die vierde grooste in die wêreld. Dit is in vier gedeel, naamlik Sossusvlei en Sesriem, Naukluft, die Namib en Sandvishawe. Die park is in 1964 as ’n bewaringsgebied vir die Hartmann-sebra gestig.
• Die Hardapstreek se bekendste aanloklikheid is waarskynlik Sossusvlei, waar die Tsauchabrivier in sy voetspore gestuit is op sy tog na die Atlantiese Oseaan. Die mooi van dié area is die reuseduine in asemrowende kleure wat wissel van geel-goud en okerkleurig tot maroen en dieprooi, en verander soos die dag vorder. Dit is inderdaad ’n visuele fees vir beide kunstenaars en fotograwe. Hierdie duine is ook van die hoogste ter wêreld.
Vier kilometer voor Sossusvlei verdwyn die pad - wat tot op hierdie punt met ’n 2x4 aangepak kan word - in die dik sand. Die oorblywende 300 m kan per voet of per 4x4 voltooi word.
• Die ewe bekende Dooievlei is meestal droog, maar in jare van uitsonderlike reën kan dit ook water vergaar. ’n Besoek hierheen is ’n móét vir ywerige fotograwe, aangesien die sterk kontras tussen die wit sand van die pan, die omliggende rooi duine en die dooie kameeldoringbome teen die ongelooflike blou van die hemel, sorg vir uitsonderlike foto's. Die verdorde kameeldoringbome in die vlei is glo meer as 900 jaar oud.
Dit moet redelik swaar reën voor die Tsauchabrivier genoeg water bring om die vlei te vul, maar wanneer dit gebeur, is dit iets om te beleef!
Volgens navorsing het ’n veel wyer verskeidenheid plantegroei in die verlede hier voorgekom, wat daarop dui dat dié gebied eens ’n hoë reënval ondervind het. Deesdae is daar egter nie veel meer as die !nara-plant en ’n paar bome nie. In terme van diere, is dit meestal springbokke en gemsbokke wat hier voorkom.
• Sowat 4 km van Sossusvlei se ingang, verdwyn die Tsauchabrivier in die Sesriem-canyon, wat deur die eeue heen deur vloedwater verweer is. Die canyon is plek-plek tot 30 m diep en wissel in breedte van 1 m tot 2½m aan die bokant, terwyl dit na die onderkant verbreed. Dit is ongeveer 1,5 k m lank en raak al hoe vlakker nader aan die duine. Verskillende boomsoorte kom hier voor, waarvan die lourier vyeboom, Ficus ilicina, die algemeenste is. Daar is ook ’n paar verskillende vissoorte, hoofsaaklik baber, wat in die permanente waterpoele voorkom.
• Die Duwisib-kasteel is aan die rand van die Namib geleë. Dit is in 1909 deur die Duitser, kapt. Hansheinrich von Wolf, gebou as ’n huis vir hom en sy Amerikaanse vrou, Jayda. Die kasteel val vandag onder die sorg van Namibia Wildlife Resorts, en benewens verblyfgeriewe, huisves dit ook ’n museum.
• Die Namib Rand Natuurreservaat is ’n private reservaat wat geproklameer is om die unieke ekologie en wild van die suidwestelike Namib te beskerm, met lae duinvelde wat deur die woestynvlaktes sny. Met sy 2 100 km² grondgebied, is hierdie een van die grootste private natuurreservate in Afrika. Hier kom ’n wye verskeidenheid woestynlandskappe en omgewings voor - van groot rooi sandduine tot sand- en gruisvlaktes, en selfs ’n paar imponerende berge. Hierdie is voorwaar ’n skouspelagtige omgewing!
Sentraal
• Die Oanobdam en oord wat sowat 85 km suid van Windhoek geleë is, is ’n heerlike wegbreekgeleentheid om ten volle te ontspan.
• Die Hardapdam is die grootste in Namibië, met ’n wateroppervlakte van sowat 25 km² en ’n 862 m damwal. Dit word deur die Visrivier gevoed wat sy oorsprong in die Naukluftberge het. Die dam, wat baie gewild onder varswaterhengelaars is, voorsien ook water aan die besproeiingskema in die omgewing. Opknappingswerk word tans aan die oord uitgevoer.
• Gibeon, wat 70 km suid van Mariental geleë is, is waar ’n reusemeteorietveld geleë is. Hier het ’n 26 ton meteoriet verbrokkel wat oor ’n gebied van 275 km lank en 100 km breed verspreid lê.
Na die Ooste
• Die Kalahari is nie ’n woestyn in die eng sin van die woord nie, aangesien dit redelik goeie somerneerslae ontvang. Dit word " woestyn" genoem hoofsaaklik weens sy poreuse, sanderige grond wat nie oppervlakwater kan behou nie. Dit is ook ’n fossielwoestyn. Moenie verwag om Namibduine hier te sien nie - hierdie landskap spog met kleiner rooi duine en goue gras.
Moenie hierdie misloop nie!
• Bitterwasser sal aan enige sweeftuigentoesias iets besonder bied. Ook geen wonder dat mense van oral in die wêreld hierheen stroom vir ’n eiesoortige ervaring nie. Die lodge is noordoos van Mariental geleë.
• ’n Vlug in ’n warmlugballon oor Sossusvlei is ’n onvergeetlike ervaring.
• Die Tsarisberge is ’n klein bergreeks wat weerskante van die C19 na die Namib geleë is. Die ruwe, bergagtige landskap bied verskeie natuurlike bronne, staproetes wat wissel van maklik tot moeilik, en 4x4-roetes. Dit is ’n paradys vir voëlkykers, met swart arende en Suidwes-parkiete wat hier voorkom. Op die plato kom baie plekke voor wat ’n uitsig oor spoelvalleie bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie