Die hartklop van kuns

Daar is vooruitsigte dat die geleentheid maandeliks aangebied kan word.
Yandi Du Plessis
Adolf Kaure op Swakopmund

The Heartbeat bied môre (Saterdag) ’n Paint and Prosecco-geleentheid aan.

Natalie Boois, die organiseerder van die geleentheid en eienaar van dié ontspanningsentrum, sê sy sien daarna uit om die geleentheid meer gereeld aan te bied.

“Ek wil dit 'n maandelikse geleentheid maak, want ek het al gesien daar is baie kunstenaars by die kus,” het sy gesê.

Boois het verduidelik hoekom sy met hierdie inisiatief vorendag gekom het: “Ek wil kunstenaars bymekaarbring en seker maak hulle kry die nodige blootstelling.”

Sy het 'n beroep gedoen op mense wat nie kuns beoefen of hulself as kunstenaars beskou nie, om ook deel te neem en het gesê almal sal welkom voel by die geleentheid.

“Uiteindelik is ons almal kunstenaars. God is 'n kunstenaar omdat Hy ons geskape het, en dit sluit ons almal in,” het Boois gesê.

Kunsfoendies en -liefhebbers kan in die pret deel deur ’n toegangsfooi van N$180 te betaal. Verfkwaste, een skilderdoek, ’n ligte ete en twee glase Prosecco, sap of ystee is by dié fooi ingesluit.

The Heartbeat is ’n bistro-ontspanningskamer, shishanyama, speelarea vir kinders en 'n skoonheidsalon en spa. Die ontspanningsarea is in Nathaniel Maxuililistraat op Swakopmund se sentrale sakegebied geleë.

Die kunspret begin om 12:45. Vir meer inligting, kontak Natalie Boois by 081 256 2214.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!