Die herrie oor William
Die herrie oor William

Die herrie oor William

Dani Booysen
Of jy nou 'n aanhanger van die Britse koningshuis is of nie, prins William se besoek aan Namibië hierdie week is belangrik om verskeie redes.

Op sosiale media was daar dadelik oor die media se beweerde bohaai – of kom ons noem dit 'n herrie – vrae soos: Wat gaan ons hierby baat?

In die positiewe sin van die woord behels 'n herrie 'n lawaai, geraas, opskudding of beroering.

William was in die land om eerstehands met projekte vir die beskerming van die swart renoster, asook ander inisiatiewe vir bewaring en bemagtiging kennis te maak. Die huiswerk is in aanloop tot Oktober se internasionale beraad oor onwettige handel in wild en wildprodukte in Londen.

Met die hoë besoek is Namibië se naam en status in omgewingsbewaring en toerisme opnuut prominent op die voorgrond gestoot.

Bewaring in Namibië is beslis nog nie perfek nie, maar die prins se lof vir wat reeds hier vermag word, is nie uit die lug gegryp nie.

Ons raak dalk met reg mismoedig oor ons regering se vertoning op verskeie gebiede, asook oorsese reise wat gemeet aan die koste min tasbare opbrengste lewer, maar moet nie daardie gevoelens op die waarskynlike Britse troonopvolger projekteer nie.

Soos adjunkpresident Nangolo Mbumba en die Britse hoë kommissaris, me. Kate Airey, gesê het, is internasionale samewerking belangrik vir sukses – nie net in bewaring nie, maar op baie ander gebiede.

Van die groter Statebond kan beslis meer ondersteuning gewerf word.



So sê ander

25 September 2018



Beeld sê



Die konstitusionele hof se verreikende uitspraak wat die private besit, kweek en gebruik van dagga onder bepaalde omstandighede toelaat, selfs al is dit nie net vir medisinale doeleindes nie, laat meer vrae as antwoorde.

Ofskoon die groter individuele gebruik van dagga deur sommige toegejuig word as 'n groter reg op individuele vryheid, is die vraag teen watter prys dit gaan geskied vir 'n samelewing wat reeds onder ernstige maatskaplike probleme swig.

Die kernvraag is of die nasionale huishouding, wat sukkel met die mees basiese dienslewering, gerat is vir die situasie.

Diegene wat die nuwe era toejuig, sal moet antwoorde help bied wanneer die parlement die besonderhede uitwerk. Ook hoe hul nuutgevonde vryheid nie juis andere se vryheid gaan vernietig nie.



• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!