Die inventaris, boedelbates en hul waardes
Die inventaris, boedelbates en hul waardes

Die inventaris, boedelbates en hul waardes

Regsake vir boere
Ronelle Rademeyer
Verlede maand het ek in die eerste aflewer van hierdie reeks rubrieke gekyk na wat gebeur indien 'n boer intestaat, dus sonder 'n testament, te sterwe kom. In hierdie uitgawe bespreek ek die belangrikheid van die inventaris.

Die inventaris is een van die dokumente wat by die Meester ingedien word wanneer die beredderaar die boedel by die Meester aanmeld.

In die inventaris word al die Namibiese bates van die oorledene aangetoon. Indien die oorledene getroud was binne gemeenskap van goedere, word die bates van die langslewende eggenoot ook in die inventaris ingesluit aangesien die egpaar ‘n gesamentlike boedel het.

Indien die oorledene ook bates in Suid-Afrika het, of selfs in ‘n ander land, sal daar in daardie betrokke land ook ‘n boedel beredder moet word.

Die Namibiese bates word geklassifiseer onder onroerende bates, soos die plaas; roerende bates, soos die diere, plaas implemente, vuurwapens en voertuie; en eise ten gunste van die boedel, soos byvoorbeeld die oorledene se bankrekening en aandele. Ek raai julle aan om al die bates van die oorledene aan die beredderaar te openbaar vir insluiting in die inventaris, ook die vuurwapens. Al die bates moet in die Inventaris verskyn, en daarna ook in die boedelrekening, anders kan dit nie aan die erfgename oorgedra word nie.

In die inventaris word voorlopige waardes toegeken aan die bates. Die Boedelwet maak voorsiening vir die indiening van ‘n Artikel 27(1) Inventaris met die korrekte waardes van die bates soos op datum van dood, maar in die praktyk dien ons gewoonlik net die inventaris met die bates en hul voorlopige waardes in.

Nadat die eksekuteur’s brief deur die Meester uitgereik is, is een van die eerste pligte van die beredderaar om aan ‘n geswore waardeerder opdrag te gee om die boedel bates te waardeer. Die waardes word deur die geswore waardeerder bepaal soos op die datum van dood van die oorledene.

Die algemene beginsel is dat ‘n boedelwaardasie ongeveer 20 tot 25 persent laer as markwaarde is, maar aangesien die eksekuteur’s loon op die bruto waarde van die bates bereken word, plaas erfgename soms groot druk op die waardeerder en die beredderaar om die waardes van die boedelbates onrealisties laag te maak.

Indien ‘n bate uit ‘n boedel verkoop word, is die waarde van die bate vir boedeldoeleindes die prys waarteen dit verkoop is, en nie die geswore waarde daarvan nie.

Die bereddering van ‘n boedel is ‘n lang proses en alles verloop nie altyd soos aanvanklik deur die erfgename voorsien nie. My advies is om waardasies te vermy wat onrealisties laag is, veral wanneer daar verskeie erfgename is, of waar daar ‘n plaas in die boedel is. Sulke lae waardes kan potensieel tot ongunstige of onregverdige resultate tussen die onderskeie erfgename lei.

Onthou, ons kan nie die toekoms voorsien nie en die laaste ding wat die eienaar van ‘n plaas wil beleef, is dat daar ‘n onrealisties lae waardasie van die plaas wat hy geërf het, op rekord is indien die eienaar eendag met die staat wil of moet onderhandel vir die verkoop van sy plaas.

Marinda Coleman

www.marindacoleman.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!