Die jaar 2016 in rand
Die jaar 2016 in rand

Die jaar 2016 in rand

Jo-Mare Duddy Booysen
Francois Williams - Toe pres. Jacob Zuma op 9 Desember 2015 vir Nhlanhla Nene as finansminister afgedank het, het hy 2016 se storie vir Suid-Afrika begin skryf, en dit was nie ’n mooi storie nie.

Dié tema het omtrent die politiek-ekonomiese jaar oorheers.

Eike Feltz, hoof van Currency Partners wat in valutaverhandeling spesialiseer, wys egter hoe veerkragtig die rand uiteindelik teen die Amerikaanse dollar was te midde van al die storms ná Nenegate.

Hoewel die rand van R14,40 in Desember 2015 tot R16,80 in Januarie 2016 verswak het, was die rand 12 maande later weer stewig onder R14.

Die rentekoersverhoging in Amerika op 14 Desember het weer die rand tot R14 laat verswak.

Van die gebeure wat die rand die afgelope jaar geraak het, sluit in:

* Die Wêreldbank wat in Januarie Suid-Afrika se groeivooruitsigte afskaal en vrese oor rommelstatus laat ontstaan;

* Die konstitusionele hof se besluit in April oor Nkandla en die tik oor die vingers van Zuma oor sy minagting van die Grondwet;

* Suid-Afrika spring in Junie ’n afgradering vry;

* Die Britte se besluit om die Europese Unie te verlaat (Brexit) bring nuwe onsekerhede vir handelsooreenkomste;

* Die DA se sterk vertoning in die plaaslike verkiesing;

* ’n Swaard het die heeljaar oor die kop van Pravin Gordhan as finansminister gehang, met verligting toe die nasionale vervolgingsgesag besluit om die bedrogklag teen hom terug te trek;

* Die uitreik van die openbare beskermer se verslag oor staatskaping einde Oktober;

* Die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president; en

* Nog ’n blaaskans toe die kredietgraderingsagentskappe Suid-Afrika in Desember nog nie tot rommelstatus afgradeer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!