Die jaar van onse Heer 2019
Denver Kisting – Die bygelowige geliefdes onder ons sal waarskynlik maan dat dit té vroeg is om die jaar met die naam 2019 in oënskou te neem.
Té vroeg, kan hulle moontlik aanvoer, omdat Namibiërs oraloor die land dit eens is dat niemand van ons nog so ’n jaar beleef het nie.
Té vroeg omdat baie water nog in ons bykans kaalgesteelde Atlantiese Oseaan kan loop binne die volgende 11 dae.
Hoe dit ook al sy – ná jare se selfteistering het ek darem grotendeels die juk van bygeloof afgeskud.
So, ek gaan nou my stuiwer in die armbeurs probeer gooi.
Sit jul veiligheidsgordel nou aan.
Geyk soos die stelling is, som dit nogal die oorwoë gevoel raak op: Wat ’n tyd om in Namibië te leef!
Wavragte memes wat die ruimte op ons fone deurgaans inperk, was deurlopend gevat om die minste te sê.
Namibiërs se vernuwendheid en spitsvondigheid is iets wat ons behoort in te span om gedeeltelik van ons ekonomiese ellende te probeer ontslae raak.
In die sosiale media som iemand die afgelope dae van die mees onlangse verbysterende nuusgebeure op:
Adjunkminister van veiligheid gevang vir (beweerde) dronkbestuur
Top-kwaitokunstenaar agter tralies oor (beweerde) dronkbestuur
EVM’s (glo) in Tura gevind
ECN-werknemer probeer (na bewering) om gesteelde skootrekenaars te smous
Esau en Sacky kla oor rugpyn
As ’n mens nie van beter geweet het nie, sou ’n mens kon sweer die werklikheidsreeks, Namibië 2019, is fiksie.
Helaas.
Die land is in die k*k. In die knyp stel dit te sagkens. Veels te suutjies.
Die tandheelkundige met die naam dr. Panduleni Itula het geen kans verbeur om ons wakker te probeer skud nie. Van sluimer en slaap weet die goeie dok absoluut niks nie.
Uit ’n nuusoogpunt het hy – trouens, hy doen dit steeds onverpoos – vir opwinding en avontuur gesorg wat Namibiërs se lywe nie ken nie.
Omdat ek self ’n moedige kalant is, kan ek niks anders nie as om my dreads af te haal vir hierdie man se verbete staptogte en onversetlike aframmeling van die ganse Grondwet – uit sy kop en in keurige Engels.
Deesdae bepaal hy hom egter net by keurige Afrikaans tydens ons gesprekke ondanks my toewyding tot Engels met hom.
Ek sal my nie nou in dié ruimte uitlaat oor wat ek reken oor die onafhanklike tandarts se vermoëns om die pragtige maar komplekse land te lei nie.
Maar ek dink hy het nie net vir vermaak vir joernaliste gesorg nie.
Hy het in die algemeen daarin geslaag om Namibiërs uit hul apatie, stilswye en traak-my-nie-agtigheid wakker te ruk.
Twee mense vertel dié week hulle wil so graag ’n sosialemediablaaskans neem, maar kom nie daarby uit nie.
Hulle is doodbang hulle verpas die aksie.
Die stapsoldaatjie Itula het egter veel meer as dit gedoen, dink ek. Hoop ek.
Ek dink hy het daarin geslaag om aan sy eie party, die regerende Swapo, tandpyn te besorg.
Swapo se enjinvrou, me. SS, was dikwels dikmond. Van woede, het ek soms gedink. Dalk van tandpyn, het ek ander kere gereken. Miskien was dit inderdaad al die bogenoemde.
Joernaliste moes kort voor 27 November se verkiesings in ’n Windhoekse hotel ’n skouspel tussen haar en Itula gadeslaan.
Gillend snaaks. Maar ook pynlik hartseer. Dat dit die gehalte van ons leiers/lyers/luiers is.
Al sou die niepraktiserende tandedokter waarskynlik nie die mees fenomenale staatshoof op 2019 se aarde gewees het nie, het hy opnuut kom lewe blaas in ons “ontluikende” demokrasie.
Sosialemedia-aktiviste, fopnuuspraktisyns en sleutelborddivas het ook vanjaar hul kant gebring.
Samesweringsteorieë het hoë hoogtes in die land van die dapperes bereik wat min ons sal kan nadoen.
Maar ek sal oneerlik wees as ek sê die jaar was net begrafnisdonker.
’n Mens het te midde van al die slegte nuus en bloederige werklikhede ook geleer om jou (sekulêre) seëninge een vir een te tel. En daar is talle.
Mag die volgende 11 dae ’n vrede teweeg bring wat alle verstand te bowe gaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie