Die jaar van 'rekeninge'
Die jaar van 'rekeninge'

Die jaar van 'rekeninge'

Dani Booysen
Op 5 Desember 2017 het pres. Hage Geingob beloof 2018 sal die jaar van rekenskap wees.

Dié “reckoning” vorm deel van verantwoording. By dieselfde kabinetsitting het die staatshoof die belang van doeltreffende bestuursprosesse benadruk.

Tien maande later wonder Namibiërs hoeveel rekenskap wel afgedwing is. Hoeveel bewyse is daar van die onderneming – iets wat natuurlik nie net deur die president self afgedwing moet word nie, maar sy ministers en elke bestuurder in diens van die nasie.

Sekere individue is glo versoek om van hul besluite te verduidelik en hier en daar is iemand verplaas. Bloedweinig bewyse van afrekening met wanprestasie.

Buiten dat die ekonomie in sy kanon is, laat sidder net enkele onlangse mediaberigte burgers oor die stand van bestuur in ons land.

Die staat skuld Khorixas se munisipaliteit sowat N$50 miljoen en van die skuld is drie jaar oud. Medisyne raak by tye onbeskikbaar, skole het glo die hele jaar geen handboeke ontvang nie, die polisie het nie voertuie om hul werk te doen nie, daar is nie skroewe, plate en penne vir ortopediese operasies nie en ons kan nie vir hondsdolheid toets nie. Bladsye en bladsye kan nog bygeskryf word.

Dalk het 2018 die jaar geword waarin ons toenemend vir baie ou, agterstallige rekeninge opdok. Sonder die “reckoning” vir 'n gebrek aan verrekening.

Sommige voeg die grond- en behuisingskwessie tot die lys by.

Vir Geingob en Swapo sal die toets in 2019 by die stembus wees of hulle net so goed soos in 2014 sal kan vaar.



So sê ander

25 September 2018



Cosby sentencing shows #MeToo has come of age



This week's sentencing hearing of 81-year old actor-comedian Bill Cosby will also be a litmus test for the #MeToo movement, as it approaches its first anniversary.

Cosby is the first celebrity conviction since #MeToo unleashed a torrent of sexual assault accusations against powerful men in show business, media, politics and the corporate world.

The timing of the Cosby case follows the rise of #MeToo, and in many ways tells the story of the shifting attitudes toward sexual violence against women.

Whatever sentence Cosby receives for his crimes, the punishment will be interpreted more broadly as evidence of the positive impact #MeToo has had on societal attitudes. Let us hope this, in turn, also results in a decrease in the incidence of sexual violence over time.

• THE CHRONICLE HERALD

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!