'Die jagter is die ware bewaarder'
Die adjunkminister van die omgewing en toerisme loof die Namibiese Professionele Jagtersvereniging vir sy sterk teenkanting teen onetiese jagpraktyke.
Francoise Steynberg
As die jagsektor keer op keer manipulasie en uitbuiting van die natuur blootlê, kan ons net sowel ons jaggewere nou ophang.
Dit was die waarskuwing van die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha), mnr. Kai-Uwe Denker, tydens die instansie se algemene jaarvergadering gister in die hoofstad.
Hy het gesê dit is nie meer langer aanvaarbaar dat onaanvaarbare jagpraktyke soos geblikte jag geregverdig word nie.
“Die onus is op ons jagters om wanpersepsies uit die weg te ruim en te bewys die jagter is die ware natuurbewaarder,” het Denker gesê.
Die adjunkminister van die omgewing en toerisme, mnr. Tommy Nambahu, het dit beaam: “Trofeejag is een van die konsepte wat meestal verkeerd verstaan word, ook hoe dit tot natuurbewaring en die voordele van gemeenskappe bydra. Daarom is dit belangrik dat jagters eties optree om onnodige kritiek te vermy wat skade aan hul beeld kan berokken.”
Daarom moet elkeen die verantwoordelikheid aanvaar om teen onetiese jagpryktyke op te staan “sodat die jagbedryf en ons land se beeld nie hierdeur geskend word nie,” het Nambahu gesê.
Hy het Napha geprys vir sy sterk teenkanting teen onetiese jag, wildstropery ingesluit.
“Die belangrikheid om aan etiese jag te voldoen, kan nie genoeg oorbeklemtoon word nie. Ek wens Napha geluk vir sy sterk leierskap om dié kwessie in die jagbedryf te takel en saam met die ministerie te werk om dit uit te wis,” het die adjunkminister gesê.
Hy sê die ministerie ag Napha as ''n belangrike vennoot met ''n groot rol om in natuurbewaring deur trofeejag te speel.
“Trofeejag het vanjaar groot uitdagings gehad wat hul volhoubaarheid as bydraer tot bewaring in die land bedreig het. Dit sluit in die voortdurende droogte wat die lewe van wildspesies bedreig en ook teenkanting teen trofeejag met voorvalle soos die jag van Cecil die leeu,” het Nambahu gesê.
“Dié spesifieke voorval het gelei tot oproepe om trofeejag te verban en lugrederye te boikot wat trofeë vervoer wat in Afrika gejag is.”
Nambahu sê weens gesamentlike pogings om die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne op verskeie forums soos die Wêreldbewaringsunie (IUCN) en Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) te bevorder, is die visie verenig om Namibië na groter hoogtes as ''n voorloper en rolmodel in bewaring te stuur.
“Die nalatenskap is ''n duidelike boodskap aan die wêreld dat Namibië goeie besluite vir Namibië neem rakende ons natuurlike erfenis.”
Hy het Napha bedank vir sy samewerking met die ministerie op internasionale vlak by IUCN en CITES om sterk te staan in die ondersteuning van die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne.
Die ministerie in samewerking met Napha en ander lande in die streek is besig om ''n handves oor jag, wildbewaring en habitatbeskerming in Afrika op te stel wat ''n visie verteenwoordig vir gereguleerde, volhoubare jag wat ''n positiewe impak op wildhabitat en plaaslike lewensbestaan het.
Denker het voorts gesê daar moet ''n nuwe kurrikulum vir professionele jagters ingestel word met twee bene, naamlik bewaring en praktiese jag.
“Die praktiese been moet fokus op die implementering van jag as die reinste vorm van eko-toerisme,” het Denker gesê.
Denker is as Napha se bewaarder van die jaar aangewys, terwyl mnr. Rainer Ling as die mees aktiewe lid van Napha bekroon is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie