Die //Karasstreek
Dis hier!
Voeg kaart in!
In ’n neutedop
Die suide van Namibië is yl bevolk, met groot, oop spasies terwyl die omgewing deur twee woestyne gedomineer word - die Kalahari in die ooste en die Namib in die weste. Terwyl die dorpies maar min en ver uitmekaar is, is daar baie wat besoekers na dié gebied lok.
Sien dít!
• Die Visrivier-canyon is die tweede grootste in die wêreld en Namibië se langste rivier. Die uitkykpunt bied die mooiste blikke oor die spoelvallei, wat tot 550 m diep is en vir 160 km deur verweerde kranse van die ou sandsteen, skalie en lawa kinkel, wat byna twee miljard jaar gelede hier gestort is. Die rivier het sy ontstaan in die Naukluftberge en eindig 800 km verder in die Oranjerivier.
Hoewel die staproete net tussen Mei en September oop is, is daar gewoonlik hier en daar waterpoele in die rivier, waarin daar ook sekere vissoorte voorkom. Kleiner diere is hier te sien, asook ’n wye verskeidenheid voëls.
• Sowat 23 km buite Keetmanshoop op die plaas Gariganus, is die Kokerboomwoud. Met sy ietwat prehistoriese voorkoms, is die Aloe dichotoma bykans sinoniem met Namibië. Op hierdie plaas is daar ’n paar honderd van dié bome wat tussen die klipbanke groei. Aangesien dit tot 7 m hoog kan word, is die kokerboom een van vier Namibiese aalwyne wat as bome geklassifiseer is. Een hiervan, die basterkokerboom (Aloe pillansii) word soms met die kokerboom verwar. Die verskil is dat A.pillansii 'n langer romp het met minder en meer regop takke en 'n yl kroon. Dit kom ook baie meer yl voor en nét in die area noord en suid van die Oranjerivier. Die kokerboom groei egter redelik algemeen langs Namibië se westelike platorand vanaf die Oranjerivier tot in Kaokoland.
• ’n Paar minute vanaf die Kokerboomwoud, is " Giants Playground" - ’n versameling granietrotse wat die indruk skep dat iemand eenvoudig opgehou het om daarmee te speel!
• Sowat 150 km noordoos van Keetmanshoop op die plaas Spitzkoppe, is daar ’n fossiel van ’n klein dinosourus - die Mesosourus. Bykans identies aan voorbeelde wat in Brasilië ontdek is, was dié dinosourus ’n klein halfmeter akwatiese dier met gewebde, roeispaanagtige voete wat vaagweg lyk soos vandag se dolfyn. Jy kan duidelik die neus, rugwerwels en " hande" van die dier sien - en dit meer as 200 miljoen jaar later! Daar is ook meer as 5 000 kokerbome op die plaas.
• Op pad na Lüderitz is die nedersetting Aus en vandaar in die rigting kus toe, is die wilde perde van die Namib - een van die min plekke ter wêreld waar perde wild voorkom. Die perde is reeds meer as ’n 100 jaar hier. By Garub, sowat 100 km van Lüderitz, is 'n waterpunt wat deur natuurbewaring onderhou word. In droogtetye word daar aanvullende voeding vir die perde daarheen geneem. Hoewel daar nog nie sekerheid is oor hul herkoms nie, is perdekenners dit eens dat hulle in hierdie omgewing oorleef te danke unieke aanpassings in hul fisiologie en gedragspatrone.
• Met sy ouwêreldse sjarme en vinnig-ontwikkelende toerisme-infrastruktuur is Lüderitz al ’n vakansie-oord in eie reg. Twee van die mees kenmerkende geboue is Goerkehaus wat in 1909 gebou is, en die Felsenkirche wat in 1912 in gebruik geneem is. Ander historiese geboue is die ou stasiegebou (1914), die ou Poskantoor (1908), die Turnhalle (1912-1913) en die Lüderitz-museum.
• Die Lüderitz-skiereiland spog met talle strande, baaie en mere, onder meer die gewilde Agaatstrand en Grosse Bucht wat veral onder swemmers gewild is. 'n Replika van die klipkruis of padrão wat deur Bartolomeu Dias by Angra Pequena (" klein baai" ) aangebring is, is by Diazpunt te sien.
• Daar is heelwat vir voëlkykers en natuurliefhebbers in die Lüderitz-omgewing. Die vlak strandmeer is die tuiste van flaminke, duikers en seemeeue, terwyl robbe en dolfyne gereeld in die baai gesien kan word.
• 'n Redeliknuwe ontwikkeling op die dorp is die Waterfront.
• ’n Kort rit buite Lüderitz is Kolmanskop (vernoem na ’n transportdrywer Johnny Coleman), wat op sy dag florerende diamantdorp was. Met die verloop van tyd het die duine die dorpie teruggeëis en is dit vandag die perfekte plek om die mooiste foto's te neem. ’n Begeleide toer word aanbeveel om die geskiedenis op sy beste te geniet.
Moet dit nie misloop nie!
• Vir avontuurlustiges - en ook diegene wat graag ’n paar dae op water wil verkeer - oorweeg ’n vier- of sesdaagse kano-reis op die Oranjerivier.
• ’n Dag-uitstappie na die Sperrgebied wat sowat 26 000 km² dek. ’n Toer hier, wat slegs deur toeroperateurs gedoen mag word, sluit ’n besoek in na die indrukwekkende Bogenfels. Op pad daarheen ry besoekers by talle voormalige diamantnedersettings verby - Elizabethbaai, Pomona, en Charlottental. Navorsing dui daarop dat 776 plantspesies, insluitend 234 wat uniek is aan dié gebied, hier voorkom. Boonop is daar relatief groot getalle gemsbok, springbok en bruinhiënas wat hier woon. ’n Besoek aan dié gebied is beslis die ekstra koste werd!
• Te danke aan uitgesoekte toeroperateurs wat konsessies by die ministerie van die omgewing en toerisme ontvang het, word beperkte toere per jaar langs die kuslyn vanaf Sylvia Hill en noord tot by Sandvishawe in die Namib-Naukluft Park aangebied. Hoogtepunte op die toer sluit ’n besoek in aan Koichab Pan, Conception-baai, die wrak van die Eduard Bohlen, en die diamantnedersettings by Grillenberger, Holsazia, Fischersbrunn en Sandvishawe. Omdat daar geen fasiliteite op dié roete is nie, moet deelnemers heeltemal selfversorgend wees in terme van brandstof, kosvoorraad en kamptoerusting.
• Afgesien van verskeie toerisme-aantreklikhede op Lüderitz, is ’n spesiale ervaring 'n bootrit met die geskiedkundige Sedina.
• Die Richtersveld/Ai-Ais-oorgrenspark bied iets besonders. Hierdie gebied is hard en onvoorspelbaar – ’n plek waar water skaars is en ’n klein nattigheid hoofsaaklik kom in die vorm van vroeë oggendmis. Hierdie bietjie water onderhou 'n merkwaardige verskeidenheid klein reptiele, voëls en soogdiere asook ’n indrukwekkende verskeidenheidplante - sommige waarvan nêrens anders voorkom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie