Die keiser se sny koek
Die keiser se sny koek

Die keiser se sny koek

Dani Booysen
Nadat gegrom, gekerm en gepleit is, het die ministerie van finansies Maandag hernude uitstel aan belastingpligtiges gegee om uitstaande skuld aan Jan Taks te delg.

Diegene met agterstallige opgawes en onbetaalde belasting moet voor die einde van Oktober vir kwytskelding van straftariewe en 70% se afslag op rente registeer.

Veral besighede het gevoel die amnestieperiode wat op 31 Julie verstryk het, was onvoldoende. Net meer as twee weke gelede het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, reeds gesê grasie word oorweeg.

Almal weet dit gaan broekskeur, maar dit is ‘n ope vraag of ontduikers en wanbetalers nou in groot getalle gaan aanmeld. Voor die aanvanklike amnestie verstryk het, is geskat dat nog maar net sowat N$250 miljoen uit totale skuld van N$4 miljard herwin is.

As min in ses maande vermag is, gaan miljarde dalk nie nou skielik inrol nie.

Dit is bekend dat administrasie en logistiek met tye die amnestieproses gekniehalter het. Daar mag nie ‘n herhaling van hierdie rompslomp wees nie. Anders sal dit nuwe frustrasie kweek.

Die nuwe vergunning, met die moontlikheid om tot in Maart 2018 teen paaiemente af te betaal, moet nou aangegryp word deur diegene wat nog nie die vergunning benut het nie.

Of dit goed of sleg gaan, dit is ‘n basiese beginsel van wetsgehoorsaamheid om die keiser sy deel te gee.

In die algemeen is meer doeltreffende aanlynbelastingstelsels nodig, asook metodes om te verseker dat elkeen sy plig teenoor die staatskas nakom.

So sê ander

5 September 2017

North Korea may be setting a precedent for other rogue nations

North Korea has spent much of the year showing off its destructive capabilities.

What might once have been dismissed as the boasts of a pariah state eager for attention can no longer be ignored.

Resolving the current crisis – even in the form of a temporary fix – will depend on whether or not the US is able to conscript China into an international effort to restrain Pyongyang.

There was a time when the US was in a position to halt the nuclear programmes of North Korea and Iran. It chose, sadly, to delude itself into believing that concessions would stimulate Tehran and Pyongyang to behave responsibly.

Concessions have instead emboldened them – and created the need for yet more concessions. There is an invaluable lesson here for Washington: rewarding bad behaviour does not inhibit such behaviour but rather encourages it.

• THE NATIONAL

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer