Die kerk en gays
Die kerk en gays

Die kerk en gays

Dani Booysen
CEES STRIJBIS SKRYF:

Geagte ds. Jooste

In my privaat hoedanigheid reageer ek op u brief in die Republikein van 8 Maart 2019. Ek is 'n Calvinis.

U spreek daarin 'n dwaling van die NG Kerk in Suid-Afrika aan. Dit gaan oor 'n praktiserende homoseksuele predikant wat deur die breër kerkverband van die kerk daar verwelkom word as leraar. U spreek dit klinies, koud aan.

Inderdaad is dit so dat die Bybel die sonde van sodomie – die sonde van 'n praktiserende homoseksueel - ekstra uitlig en dat die Here die spesifieke sonde verag. Dis is 'n gruwel in Sy oë, want Hy het man en vrou geskape.

Moet u dan nie ook die ander dwalinge van die NG Kerk daar, naamlik die toelaat van die sonde(s) van 'n heteroseksuele man in die amp, aanspreek nie? En wat van die ander sondes van die hetero- en homoseksueles in die amp, soos byvoorbeeld: ontheiliging van die Sabbatdag, afgodediens, ens. ens.?

In die algemeen is dit tog so dat die Here die sonde haat, maar die sondaar liefhet. Sekerlik moet ons almal, maar veral die dienaars van die Woord, die sonde(s) laat staan, daaroor hartelik berou hê en die Here om genade smeek. Sal Hy, die maker van die oor, so 'n gebed dan nie verhoor nie?

Hy is immers Liefde . . .

Dis my ervaring en vaste oortuiging.

Kommentaar

Republikein 2025-02-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 21° | 34° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 19° | 34° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 26° | 36° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 25° | 35° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!