Die Khomasstreek
Dis hier!
Voeg kaart in
In ’n neutedop
Die streek kry sy naam van die Khomas Hochland-bergreeks wat wes van die hoofstad lê.
Hierdie hoë plato-landskap met sy golwende heuwels en hoë berge, is kenmerkend van die streek en bevat ook Namibië se tweede hoogste berg, die Auasberg (2 479 m bo seespieël).
Die Khomasstreek is die tuiste van talle aanloklikhede, insluitend die Sun Karos Daan Viljoen natuurreservaat na die weste, Heldeakker na die suide, die asemrowende Gamsbergpas na die suidweste, en in die Owela-museum, die nasionale museum en die botaniese tuine in Windhoek, om maar ’n paar te noem.
Sien dít!
• Die Christuskirche en langsliggende Tintenpalast wat vandag as die kamers van die Nasionale Vergadering dien, is bekende besienswaardighede in die hoofstad, en met sy ou bome, bied die parlementstuine’n lafenis op ’n snikhete dag.
• Ander noemenswaardige besoekpunte in die hoofstad is die Alte Feste en die Zoopark. Laasgenoemde is ideaal geleë vir diegene wat die wonders van Windhoek te voet verken. Daar is visdamme, lowergroen plantegroei, ’n kinderpark, en ’n amfiteater terwyl restaurante en kroeë rondom die park besoekers nooi om lafenis daar te soek.
Moet dit nie misloop nie!
• Die Arnhem-grotte oos van Windhoek is die land se grootste en langste grotte, maar dit word nie aanbeveel as jy bang is vir die donker nie! Boonop is dit die tuiste van vyf vlermuisspesies. 'n Begeleide toer deur die grot kan tot drie ure duur en dit is beslis ’n onvergeetlike ervaring.
• Die Cuno Hoffmeister-sterrewag is 15 km suid van Windhoek in die Auasberge en word as een van die beste plekke om Namibië se naghemel te besigtig.
• Die San Karos Daan Viljoen natuurreservaat is 20 km wes van Windhoek geleë. Die park spog met 61 plantfamilies en diere wat in die park voorkom, sluit in bergsebras, koedoes, kameelperde, gemsbokke, elande, rooihartebeeste, springbokke, blouwildebeeste, swartrugjakkalse en bobbejane. Tot 200 verskillende voëlsoorte is reeds in die park identifiseer. Aktiwiteite sluit in ’n selfbegeleide 3 km- en 9 km-staproete, en ’n 6,5 km-wildbesigtingsroete.
• Die Geologiese museum is naby Eros-lughawe geleë en spog met ’n indrukwekkende mineralogie-uitstallings en 'n fassinerende paleontologie-afdeling. Hoogtepunte sluit in 'n lewensgrootte model van die dinosourus Massospondylus, 'n byna volledige, versteende geraamte van ’n Mesosourus, vroeë reptiele, die skedel van ’n 100 000-jarige vroeë voorbeeld van Homo sapiens, en stromatoliete – “lewende” klippe wat tot 700 miljoen jaar oud is!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie