Die koel ma met die funky hare en die pienk tekkies
Die rebelse tiener van toe slaan soms nog deur en in haar kas gaan jy eerder 'n hoop sneakers as hakke kry. Die Namibiese skrywer Dihanne Taute se boeke praat die taal wat 'n tienerhart verstaan.
Sy het 'n “op-die-pols aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan”, haar humor is vlymskerp en haar woordgebruik kostelik en vars.
Só besing resensente Dihanna Taute se drieluik tienerromans wat die leser op 'n wipwarit van die wel en weë van haar hoofkarakter, Lehandi, in Ek en Prins Donkerkuif, Die Engelsman in my Slaai en 'n Blonde Bom neem.
Buiten skrywer is sy 'n koel mamma van vier orrelpypies en eggenoot van Lourens.
Haar troudag en die geboorte van haar kinders is, saam met haar boeke, haar beste onthou's.
In haar eie woorde:
Wie is Dihanna Taute?
Ek is in Suid-Afrika in die Vrystaat gebore en het grotendeels hier grootgeword. Ná skool het ek in 'n sakerigting gaan studeer en as tekenaar by stadsbeplanners beland. Dis waar ek in my etensuur begin skryf het. Ek het met 'n Namibiër getrou en ek en my man en ons vier kinders woon tans in Windhoek.
Wanneer is die saadjie vir skryf by jou geplant?
Tydens my etensuur by die stadsbeplanners. Ek het in daardie tyd baie gelees en het besef dat ek elke einde van 'n boek in my kop na my smaak probeer verander. Ek het myself afgevra: Hoekom nie my eie storie van die begin af probeer skryf nie?
Jou boeke fokus op tieners – hoekom juis vir dié gehoor skryf?
Ek dink ek het juis by 'n tienergehoor begin omdat ek self nog soms soos een voel – rebels en ek besit omtrent net sneakers in my kas! Maar ook omdat dit die gehoor is wat ek die meeste geniet. En omdat tienerwees, even met al sy ups and downs, een van die beste tye in my lewe was. Natuurlik buiten my troudag en elke kind se geboorte!
Tieners hou nie van 'n gepreek nie, maar jy wil tog hê jou boeke moet 'n boodskap oordra. Hoe doen jy dit juis sonder om voor te sê?
Ek dink nie eers volwassenes hou van 'n gepreek nie. Wat my Lehandi-reeks betref, het ek 'n boodskap regtig onbewustelik ingeskryf.
Ek dink dís wat maak dat dit nie prekerig voorkom nie. Om soos tieners te dink en te redeneer (ons was mos almal al eenmaal 'n tiener!) maak die skryf daarvan ook makliker.
Hoe skep jy dialoog/karakters/storielyne waarmee tieners kan identifiseer?
'n Mens moet fyn luister hoe tieners deesdae praat, notas neem, uitvind wat hulle interesseer, watter stories hulle in belang stel, ensovoorts.
En dan so naby moontlik daaraan probeer skryf sonder om té hard te probeer. Wat my ook baie help, is dat ek (ongelukkig) soms ook my taal meng!
Keer jy in jou boeke terug na jou eie tienerjare en ervaringsveld?
Ja, met my Lehandi-reeks. Daar is dele van my tienerjare in en dan vreeslik baie fiksie om die storie te bou.
Waar begin 'n storie?
Ek sal reken by 'n goeie idee. In my geval is dié idee altyd iewers in die middel van my storie.
Het jou boeke reeds titels voor jy begin skryf, of is dit iets wat kom ná jy geskryf het?
Met die Lehandi-reeks was elke titel wel voor die skryf al daar, maar ook omdat ek presies geweet het waarheen ek met elke boek in die reeks wou gaan.
Jou boeke vorm 'n trilogie. Is dit iets wat jy van die begin af besluit het, dat jou karakter lesers oor drie boeke op reis sou neem?
Ja, dit was vir my van die begin af die idee. Ek moes dit net ná die skryf van die eerste boek ook so aan my uitgewers voorstel en het toe maar duim vasgehou dat hulle hieraan sal byt.
Vertel meer oor jou hoofkarakter, Lehandi. Hoe ontwikkel sy van die eerste boek af tot die derde boek?
Lehandi Botha is in die eerste boek (Ek en Prins Donkerkuif) in graad 10. In dié boek trek sy saam met haar ouers van die platteland af Pretoria toe, want haar pa het haar ma verneuk. Hulle probeer dus wegkom van pa se flooze en van die klein dorpie se geskinder. Die nuwe (groot) skool, nuwe dorp, nuwe vriende en dan nog die bakleiery in haar ouerhuis was vir Lehandi 'n groot aanpassing. Sy wou 'n boyfriend kry, om volgens haar haar lewe te red.
In die tweede boek (Die Engelsman in my Slaai) is Lehandi in graad 11. In dié boek trek sy saam met haar ma terug na 'n kleiner plek as Pretoria. Dus wéér nuwe maats, 'n langafstandverhouding en dit alles sonder haar pa.
In die derde boek ('n Blonde Bom) is Lehandi in graad 12. Dis hier waar sy tot die besef kom 'n boyfriend is nie so belangrik nie. Haar ma staan weer op trou met haar aartsvyand se pa, maar sy besef sy het nou goeie vriende en sy moet by haar nuwe familie aanpas.
Jy is mamma en eggenoot. Waar en wanneer pas jy skryf tussen alles in?
Ek vra myself gereeld daardie vraag. Ek het wel intussen geleer om elke liewe beskikbare oomblik te benut. Soms is daai oomblik tweeuur in die oggend!
Het jy 'n spesifieke skryfroetine, Google jy en lees jy op om agtergrond oor die storie/karakters by te voeg?
Nee, ek het geen skryfroetine nie! Ek wens soms ek het gehad, maar my kinders se sport hou my heeltyd besig. So ek skryf letterlik in die beskikbare minute of ure tussen sport, skool en slaap deur. Ek Google graag en lees baie op vir die stories waarmee ek tans besig is. Met die Lehandi-reeks was dit nie nodig nie, aangesien ek min of meer geskryf het wat ek uit my eie tienerjare kon onthou.
Watter boeke het jy as tiener gelees? Was daar boeke of karakters waarmee jy kon identifiseer?
Ek het maar Ena Murrays en Sarah du Pisanies gelees - dis wat my ma maar altyd by die biblioteek uitgeneem het. En nee, geen van daardie verhale was ek nie, maar dit het 'n goeie leessaadjie by my geplant.
Vertel bietjie meer oor jou toekomstige boeke – twee tienerrillers en 'n volwasse roman?
Die volwasse roman is tydelik uitgestel en is intussen vervang met nóg 'n tienerreeks wat reeds goedgekeur is vir 2018. Dié reeks het heelwat illustrasies by, ek sien baie uit daarna! Die rillers is wel nog goed op dreef. Een is reeds goedgekeur vir einde 2018 en dis iets met 'n twist.
Wie is jou gunstelingskrywer en hoekom?
My gunstelingskrywer hang baie af van die bui waarin ek is en waarvoor ek lus voel. Vir gewone liefdesverhale lees ek graag 'n Kristel Loots. Vir 'n liefdesverhaal met spanning sal ek 'n Chanette Paul verkies. My gunsteling van alle gunstelinge bly egter Francois Bloemhof. Dis maar weens die manier waarop hy taal gebruik, 'n storie kan vertel en ook omdat sy stories nie noodwendig alledaags is nie - dis soms 'n storie met 'n skok.
Is daar baie boeke in julle huis? Is jou kinders/man ook lief vir lees?
Daar ís nogal 'n klomp boeke in ons huis, maar natuurlik nooit genoeg nie. Nie al vier my kinders is gaande oor lees nie. Van hulle het maar onlangs eers begin lees. Hulle is ook baie kieskeurig oor wat hulle lees. My man is 'n groot leser, maar waar ek fiksie sal lees, verkies hy niefiksie, meestal biografieë.
Tieners is vasgeplak aan sosiale media – hoe kry jy een om 'n boek te lees?
Baie goeie vraag. Ek dink in vandag se tyd ding boeke nie net mee met sosiale media nie, maar ook met deesdae se flieks en dis moeilik. 'n Mens sal altyd daai handjie vol getroue tieners kry wat enige boek verslind. Dan is daar tieners wat net sekere boeke lees of sekere skrywers verkies. En dan kry mens daardie groep (ongelukkig die groter groep) wat lees haat. Ek glo iemand wat nie van lees hou nie, het nog net nie die regte boek ontdek wat sy leesspiere kon prikkel nie. Smaak verskil. Mens gaan nooit regtig in een boek volgens almal se voorkeur skryf nie. Bemarkingstrategieë, veral in Afrikaans, het begin aanpas by hoe min tieners lees en lokprente van boeke begin maak om hulle só aan te spoor om te begin lees. Ek dink ook of tieners lees, hang baie van hul ouers af. Hoeveel ouers por hul tieners regtig aan om te lees? En hoeveel ouers koop vir hul tieners boeke? Uiteindelik is al wat ek as skrywer kan doen, om aan te hou skryf, en te hoop en te bid dat ek iewers langs die pad darem iets naastenby in hul smaak geskryf kry.
Wat sê die resensente:
Ek en Prins Donkerkuif (Henriëtte Loubser - Litnet)
Die humor is vlymskerp en die woordgebruik kostelik en vars. Dit is egter ook 'n storie wat aangryp, met intense oomblikke van hartseer en ontgogeling. Hierdie is oomblikke waarin die emosie rou en eg menslik deur die skrywer uitgebeeld word, maar steeds word dit gedoen met die oorspronklike aanslag en skryfstyl waarmee die jong leser sal kan identifiseer.
Dihanna Taute het beslis 'n op-die-pols aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan. Sy maak gebruik van skote humor, hope drama en eerste liefdeservarings om die leser mee te vermaak, maar die verhaal is ook een wat die temas van verhoudings, vriendskappe, gesinskonflik en 'n soeke na identiteit aansny.
Die Engelsman in my Slaai (Estelle Kruger - Litnet)
Met taalgebruik waarmee die skrywer haar karakters en situasies vernuftig teken, staan sy haar plek vol in hierdie genre van tienerromanse. Kostelik is Lehandi se ouma se woorde wat telkens in Lehandi se gedagtes opkom wanneer sy iets of iemand waarneem: “My ouma Hanna sou gesê het daai girl (Priscilla) is goedkoper as 'n glas water” (bl. 4); “Die kamer is so klein, hulle moes die meubels teen die mure verf” (bl. 30).
Die skrywer integreer in haar stories baie van haar eie tienerervarings wat sy kunstig verbeeld in fiktiewe situasies. Hiermee laat sy dit duidelik en tog subtiel blyk wat haar eie siening van die konflik, drama en swaarkry in 'n mens se lewe is wanneer dit voel of die son nie weer gaan skyn nie: “'n Mens sit dit eenvoudig agter jou en gaan aan met jou lewe” (bl. 4) Tog is hierdie motto van haar nooit prekerig nie en lesers raak deel van die hoofkarakter se lewe met tipiese tienersituasies, baie humor in drama en intriges wat eie is aan 'n hoërskool en waardeur tieners emosioneel moet groei te midde van hul rebelsheid in enkelouersituasies.
'n Blonde Bom (Yolanda Wessels – Litnet)
Sy skryf gemaklik en vloeiend en in 'n taal waarmee tieners kan identifiseer. Selfs volwassenes sal haar boeke geniet. Sy raak meestal kwessies aan waarmee tieners vandag gekonfronteer word en verweef soms haar eie ondervindings as tiener in die storielyn. Grotendeels is haar boeke fiksie, maar sy skryf baie realisties en mens identifiseer maklik met haar skrywes, ongeag ouderdom. Dis 'n gemaklike trant en hoewel my ondervinding was dat die storie baie vinnig vorder en voor jy jou oë knip, is die boek klaar, moet mens in gedagte hou dat dit vir 'n jong generasie geskryf is. Daarom is dit dalk beter dat die storie kort en kragtig is om die jeug wat moontlik minder lief is vir lees, te boei en sodoende 'n liefde vir lees te kweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie