Die konings nie meer
Drie woestynleeumannetjies vergiftig
Francoise Steynberg - Die konings het gister op Wêreldleeudag finaal verdwyn toe drie verbrande karkasse van die woestynleeumannetjies en rolprentsterre van Vanishing Kings vergiftig gevind is.
Een mannetjie, Tullamore (Xpl-93), het die tragedie van mens-dier-konflik oorleef, maar die verbrande nekbande van Ben (Xpl-91), Adolf (Xpl-92) en Polla (Xpl-90), was die stille bewys van hul dood. Harry (Xpl-89), vernoem na prins Harry van Brittanje, is die eerste broer van vyf leeus wat reeds in Junie ná mens-dier-konflik in die omgewing van Tomakas vrekgeskiet is.
Hulle is deel van vyf jong woestynleeubroers, bekend as die Vyf Musketiers, die rolsprentsterre in die internasionaal bekroonde, dokumentêre natuurrolprent Vanishing Kings.
Dr. Philip Stander van die Woestynleeu Bewaringsprojek het gister op sy webblad geskryf dat die ministerie van die omgewing en toerisme die verskuiwing van die vier oorblywende Musketiers van Tomakas na die Uniab-delta goedgekeur het. Dit sou die laaste opsie wees om die voortgaande mens-dier-konflik te probeer oplos.
“Verskeie partye het aan die beplanning van die operasie deelgeneem. ’n Vliegtuig was gereed om die leeus van Purros tot Terracebaai te neem. Voertuie sou die leeus van Tomakas via Purros en finaal van Terracebaai na die Uniabdelta vervoer het,” skryf Stander.
Maar drie van die leeus het op hul broer Tullamore gewag wat nog in die berge was.
“Die drie het op ’n nuwe en voorheen onbekende veepos van semi-nomadiese veeboere afgekom. Die leeus het ’n donkie gevang en die mense, voorheen van Omiriu en toe Ondudupi het die leeus vergiftig.”
Volgens Stander is die karkasse en die satellietnekbande verbrand.
Met hierdie tragiese gebeure moes ’n besluit geneem word oor die lot van die enigste oorlewende leeu en saam met amptenare van die ministerie van die omgewing en toerisme is Tullamore verdoof. Sy lang reis in die Woestynleeu Bewaringsprojek se voertuig is in ’n konvooi van drie voertuie na die Uniab-delta aangepak.
“Die drie voertuie het deur die vloedvlaktes en duine in digte mis gesukkel. Ons het gister uiteindelik die mond van die Uniabrivier om 05:25 bereik en vir Xpl-93 afgelaai.”
Destyds is Harry se karkas met ’n koeëlwond in die borskas in die digte bosse by Otjizekafontein naby Tomakas gevind. Adolf en Ben was gekwes. Adolf het ’n wond op sy regterwang en Ben is deur sy maag geskiet met die koeël wat anderkant uit is.
Mnr. Peter Sander van TOSCO (Tourism Supporting Conservation), het gister aan Republikein gesê dit is ’n tragedie en groot verlies, maar hy is bly dat die verskuiwing van Tullamore ’n sukses was.
Op die Facebookblad van Desert Lions, is die nuus met groot skok, hartseer en teleurstelling begroet: “Dit is so hartseer dat dit op Wêreldleeudag in Afrika gebeur het. Dit maak my huil dat dit ’n donkiewêreld in Afrika is. Rus in vrede my geliefde Musketiers. Jul broer is verewig eensaam. Trane trane trane,” skryf Vinay Khandelwal uit Indië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie