Die kosblik uitdaging
Dag na dag staar dit na jou, daag jou uit op maniere wat jy nooit gedink moontlik is nie en smeek vir oorspronklikheid . . . Die kosblik!
Hier is ’n paar idees om dinge te verander met ’n paar gesonde opsies waarvan kinders (en volwassenes) sal hou.
Wenke vir die kosblik
Gesonde middagetes en peuselhappies is belangrik. Probeer om elke dag vars groente en vrugte, stysel, suiwel en proteïen in die kosblik in te sluit.
• Maak dit ’n Nuwejaarsvoorneme om jou tyd beter te bestuur en te beplan – ook wanneer jy kosblikke pak. Pak dit waar moontlik die vorige aand; dan is daar nie elke oggend voor skool ’n dolle gejaag nie.
• Betrek jou kind by die inhoud. Navorsing wys hy sal dan meer geneig wees om gedurende pouse daaraan te smul. Gesels met hom oor sy voorkeure, maar moedig hom ook aan om nuwe smake en kombinasies (soos ’n skyfie appel gedoop in grondboontjiebotter) te toets.
• Oorskietkos sorg vir uitstekende kosblikke. Probeer om vanjaar doelbewus te veel kos vir aandete te maak sodat daar genoeg is vir die volgende dag se kosblik. Wend oorskiet ook kreatief aan – maak ’n voupakkie (“wrap”) met bobotie of bak daardie ekstra pannekoekdeeg en vul met soetrissiesous en kaas.
• Belê in ’n klein koelsak vir jou kind se kosblik sodat kos higiënies vervoer en gebêre kan word tot pouse. Belê ook in houers van goeie gehalte wat jou kind maklik oop en toe kan maak. Vries ’n klein botteltjie water en pak dit in die koelsak – dit sal help om die kos koel te hou en yswater is ’n heerlike lafenis op ’n warm dag.
• Onthou om ’n plastiekvurkie of -teelepel in te sluit as jy slaai of jogurt inpak. ’n Servet is ook nie ’n slegte idee nie.
• As jy skielik besef jou arme bloedjie eet nou al vir ’n week Marmite-toebies, gaan snuffel op die internet rond, veral op Pinterest, vir idees vir interessante kosblikke.
Maklike formule vir gebalanseerde etes
• Die helfte is groente en vrugte, soos tamatietjies of komkommer en ’n piesang of appel.
• ’n Kwart is stysel, soos ’n lae GI-broodjie, Pro-Vita, tuisgemaakte springmielies, ’n lae GI-muffin of baba-aartappeltjies.
• ’n Kwart is proteïene: ’n bietjie biltong, kaas, jogurt of klein frikkadelle (wat maklik vries).
• ’n Klein “sirkel” is gesonde vette en olies, soos neute, ’n bietjie botter of avokado op die broodjie.
Peuselkos vir kleuters en peuters
Kinders moet gereeld eet.
Maak seker dat hulle tussen maaltye peusel aan goed beplande happies pleks van tjips en lekkers.
Peuters hou van roosterbrood. Gebruik bruinbrood, smeer dit met ’n dun lagie Marmite en sny dit in vingers of gebruik ’n koekiedrukker en druk verskillende vorms uit die roosterbrood.
Sit ’n saggekookte eier in sy dop daarmee voor, dan kan die kleuter sy broodjie in die sagte geel druk. Groter kinders sal selfs gebakte bone in tamatiesous daarby geniet.
Ryskoekies is gewoonlik ’n wenner; gee dit net so skoon of smeer dit met ’n bietjie Marmite, grondboontjiebotter of kaaswiggies.
Laat hulle knibbel aan droëwors en biltong (dit help veral wanneer hulle tande sny), repies droë mango of ander droëvrugte, vars stukkies appel, wortel en piesang.
Kosblikidees
• Houertjies drinkjogurt en klein bakkies jogurt
• Houertjies ongegeurde springmielies
• Kaaswiggies met volkoringbeskuitjies
• Repies wortel, komkommer en klein mielies
• Klein vrugte soos appeltjies, piesangs en nartjies (reeds geskil)
• Koue pastaslaai met tuna en groente gemeng
• Hardgekookte eiers, afgedop
Wenke
• Wees versigtig indien jy die vorige aand se oorskietvleis (veral hoender) in die kospakkie sit, veral as dit warm is, want jy weet nie of die kosblik dalk lank in die son gelê het voor daar by eet uitgekom is nie – dit kan tot voedselvergiftiging lei.
• Kleuters hou daarvan om te knibbel aan vleis wat nog aan die been is. Hoenderboudjies of lamstjoppies is ideaal; maak egter doodseker dat jy enige los stukkies been (soos die knobbel van die hoenderboudjies) verwyder, anders kan dit in hul keel beland.
• Leer jou kinders om water te drink pleks van koeldrank of vrugtesap (wat baie suiker bevat). Verdun vrugtesap met die helfte water. In die somer kan die water vooraf gevries word.
Bronne: www.netmums.com, www.betterhealth.vic.gov.au; www.goop.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie