Die kritiese opinie van u2019n klein vlekkie
Die kritiese opinie van u2019n klein vlekkie

Die kritiese opinie van ’n klein vlekkie

[email protected]
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Ek sit vanaand hier in my eenslaapkamerwoonstel en voel soos ’n klein vlekkie in 'n oneindige heelal.

Ek drink sorgeloos met my plastiekstrooitjie, want die see gaan in elk geval teen iets soos 2048 dolleeg wees en dit gaan nie wees as gevolg van my een kleine toksiese bydra nie. Nee. Dit gaan wees oor die geldhonger barbare wat ons see leeg vang en regerings wat jaarliks $35 miljard in die visbedryf instoot.

Ek het so lank onder die onkundige illusie geleef dat die ‘Great Pacific Garbage Patch’ vol strooitjies lê, maar 46% daarvan is kommersiële visvangnette en vislyn wat vyf keer om die aardbol gedraai kan word.

Ek troos my aan die mooi gedagte van Maya en Paula wat binnekort die mooie Namibië sal aanskou. ’n Meer genotvolle tuiskoms as wat ek dink Natasha Joubert in Suid-Afrika gaan ontvang.

Sy het tog meer skoonheid en sjarmantheid as daardie onindrukwekkende top-5 gekombineer. Ek oordeel nie, ek beoordeel – dit is tog wat skoonheidskompetisies behels.

Ek moet erken, dit was ’n sprokiesagtige weergawe van die heelal. So ’n vreeslik kontras met die afgryslike oorlog wat die heiligheid van Ramadaan verwoes het. ’n Eeue lange haat tussen twee nasies wat in ’n vulkaan van geweld uitgebars het. Lugaanvalle. Betogings. Lewens geëis. 253 Palestyne. 65 kindertjies.

Twee nasies met soveel haat teenoor mekaar. Mense se huise wat afgevat word as gevolg van iemand anders se historiese reg tot daardie stukkie grond – dit klink net té bekend.

Dalk moet ons vir Leo Prinsloo stuur om te gaan uithelp.

As ons maar net ’n Iron Dome kon maak wat ons teen die Covid-19-virus kon beskerm. ’n Entstof is seker maar ‘the next best thing’. Sowat 124,5 miljoen mense in Amerika is al heeltemal ingeënt – 37,9% van die 328,2 miljoen bevolking. Maar selfs die entstof het na bewering ’n 62-jarige man se lewe geëis.

Indië se totale gevalle het nog 'n wêreldrekordgetal daaglikse infeksies verbygesteek en grafgrawers werk 24 uur per dag om slagoffers te begrawe en honderde ander is in parke en parkeerterreine veras.

In ander nuus het Demi Lovato aangekondig dat sy nou as ‘non-binary’ identifiseer en sal nie meer op ‘hy’ of ‘sy’ reageer nie, maar op ‘hulle’.

The Bachelorette Australia gaan die eerste wees om ’n biseksuele vrygesel te hê en in hierdie seisoen sal mans én vroue kan inskryf. Ek wonder wanneer Boer Soek ’n Vrou-faam ook hierdie verandering gaan aanbring.

Ek sit vanaand hier in my eenslaapkamerwoonstel en voel soos ’n klein vlekkie in hierdie Yin-yang-wêreld van oneindige goed en sleg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!