Die kruis om van die huis af te werk
Ek is dankbaar ek kan van die huis af werk in hierdie hoktyd, maar dit het ook sy uitdagings.
Elke huis het in elk geval mos maar sy kruis.
Iets so eenvoudigs soos om aanlyn te wees, is die eerste uitdaging. Kort-kort moet die IT-departement gebel word om te rapporteer hierdie of daardie program werk nie of jy is nie aanlyn nie.
Ook 'n uitdaging, is dat die wagwoorde wat op jou rekenaar by die werk gestoor is, is nie by die rekenaar by die huis gestoor nie.
Maar dit is klein katjies. Daar is ander uitdagings om van die huis af te werk, soos byvoorbeeld groot, vet katte.
Op dag een loop Liefie Vetkat oor my sleutelbord en skryf vreemde woorde in my artikel.
Dag twee begin speel Liefie Vetkat met die rekenaarkoord en dink dis 'n slang.
Dag drie byt Liefie Vetkat die rekenaarkoord. Ek vrees vir 'n elektriese skokdood.
Op dag vier val Stekels, die Australiese beeshond, oor die rekenaarkoord en pluk byna die skootrekenaar van tafel af.
Op aand vyf waai Stekels met sy stert my ouma se hekellappie op die houtkis in die brandende sitronella-kers in en die lap vat vlam. So byna was daar erger reperkussies en my verskoning sou darem te veel soos “die hond het my huiswerk opgevreet” geklink het.
Intussen gaan die lewe soos normaalweg aan in my buurt. Watwou grendeltyd, life goes on, sê hulle. Hulle is die mense in my buurt wat duidelik nie die boodskap kry dat ons in ons huise moet bly nie. Mense kuier oor en weer, braai en hou partytjies tot laatnag.
Kinders speel met mekaar, ry fiets in die strate en kerjakker in die speelparkie. Daar is altyd 'n groot geveg onder die kinders oor wie met die tou in die boom swaai.
Dit klink na 'n vrolike bedryf, maar hulle gaan nie so vrolik kan wees as hulle die groot C kry nie. (Die groot K en hepatitus E is siektes wat nou te midde van die Covid-19-pandemie eers aan die agterspeen moet suig.)
My ma wil ook elke dag elke interessante nuusbrokkie in die koerant en al die resepte van geregte wat sy nog vir ons wil maak, hardop lees terwyl ek probeer skryf.
Dis juis oor haar wat 'n hoërisiko-geval is dat ek van die huis af werk.
"Onthou, as jy die coronavirus kry en jy steek my aan, gaan ek dit nie oorleef nie," het my ma gewaarsku.
Met hierdie corona-pandemie in ons midde, gaan die wêreld nooit weer dieselfde wees nie. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Ons ekonomie word hard getref en ons arm mense gaan die ergste hieronder ly.
Ek is dankbaar ek het 'n werk, 'n dak oor my kop en kos om te eet.
In hierdie tyd is ek dankbaar oor vele dinge wat ek altyd as vanselfsprekend aanvaar het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie