Die kuns van toekomsvisie
Die kuns van toekomsvisie

Die kuns van toekomsvisie

Lloyd Zandberg
Die Goethe-Institut, in samewerking met die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN), bied Future Perfect aan.

Future Perfect is 'n multidissiplinêre uitstalling van hedendaagse kuns uit Duitsland wat toekomsvisies en voorspellings oor die verloop van die geskiedenis uitbeeld.

Die uitstalling sal op 19 September om 18:00 open.

Die werke is deur 16 kunstenaars uit Duitsland geskep en bestaan uit flieks, foto's, beeldhouwerke, skilderye en collages wat die toekoms en idees daaroor bevraagteken.

Die NAGN se uitvoerende hoof, Snobia Kaputu, sê sy wens Namibië sal die uitstalling bywoon, aangesien kunstenaars dromers is en hul toekomsbeelde in dié werke weerspieël word.

Dié kuns lok wêreldwye gesprek oor hoe die geskiedenis die hede beïnvloed en hoe tegnologie die toekoms beïnvloed.

"In Afrika, maar meer spesifiek Namibië, bly die kwessie van hoe tegnologie ons erfenis en kultuur beïnvloed het, en hoe dit die toekoms gaan verander, steeds ‘n element wat baie bespreek word. In die wêreldbestel, wat deur maatskaplike en ekonomiese eise gedryf word, word daar van ons verwag om ons verstand aan te pas soos tegnologie ontwikkel, maar ons moet dit nie toelaat nie. Ons moenie van ons wortels vergeet nie en ook nie die grondslag van ons voorvaders, wat ons erfenis en kultuur betref, in gevaar te stel nie," sê Kaputu.

Sy beklemtoon dat hoewel die uitstalling uit Duitse kuns bestaan, die sentimente wat deur die inhoud gedeel word, 'n multinasionale uitdaging is wat vereis dat elke burger aandag hieraan moet gee.

Die toekoms is vir almal onbekend.

"Dit beteken almal word toekomsdromers en sal aandag gee aan hoe tegnologie dit sal beïnvloed. Terselfdertyd moet strategieë ontwikkel word wat die toekomstige geslagte sal toelaat om die pas van tegnologiese en ander veranderinge te kan hanteer," sê sy.

Duitsland se ambassadeur in Namibië, Christian Schlaga, sal die teenwoordiges tydens die opening toespreek.

"Hierdie uitstalling is verdere bewys van die toenemende kulturele uitruiling en samewerking tussen Namibië en Duitsland. Ons hoop die twee lande sal deur sulke inisiatiewe idees deel en die ontwikkeling van kuns en kultuur aanmoedig," sê hy.

Daniel Stoevesandt, direkteur van die Goethe-Institut Namibië, stem saam met Schlaga en sê die dié uitstalling, van 26 September tot 31 Oktober, beoog om idees en voorspellings aan te moedig en is kritieke vir die ontwikkeling van enige land.

"Vooruitskouing en bespiegeling oor die toekoms beïnvloed ons manier van dink en help om ou idees af te skaf en met nuwe toekomsidees te vervang, "sê hy

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!