Die lafenis van ‘n sepie ná ‘n lang dag
Jo-Maré Duddy - Erken, dié erken ek dit vandag ruiterlik: Sonder my sepie as ek saans met ‘n swart gemoed tuis kom, skop ek sommer oral stof op.
Van huiswerk wat nog nie klaar is nie, ‘n piepklein spinnerak wat my gewoonlik sou laat glimlag het tot ‘n moddergooiery van desjare waarvoor ek voel ek nog ál my sê gesê het nie.
My sepie sorg vir ‘n silwerskoon aand vir my, maar veral vir my huisgenote. Nie die badskuim in wie se luukse borrels ek net voor bedtyd my heil gaan soek nie. Daai lekkerte kan ek soms nog tot die volgende oggend uitstel. Maar sonder my sepie op die kassie se skrop kan ek eenvoudig nie.
Vir jare was ek in die kas daaroor. Het ek gevoel ‘n ernstige nuusvrou se sepie moet maar haar skelmpie wees. Net soos ons evageslag maar skelm-skelm ook aan ‘n blok(kie) sjokolade weglê as die lewe begin druk, of hoe?
Nie meer nie. Dis al luidkeels aan al wat leef en beef in my huishouding uitbasiun: Ek kan saans nie wag om in my sepie se ongevallesaal aan te meld nie. Dikwels sommer mét ‘n happie sjokolade as ek voel die Jakarandastad se mediese span alleen gaan nie my bloeddruk laat sak nie. Op donderwolkdae sommer met ‘n glasie rooiwyn in die ander hand ook.
Daar’s iets so strelend aan ‘n goeie sepie. Ek’s seker slimkoppe het al dik boeke daaroor geskryf.
Dalk is dit die troos dat die lewe se gatslae maar almal slat. Vir party baie harder as vir ander, dink ek nou die aand toe ek die spul smartvrate dophou. My drama is niks, berispe ek myself en die sjokolade smelt sommer nog romeriger in my mond.
Saam met die leed kom ook die lief. En vir die lief in sepies is ek líéf. Die vlinders in my maag wat laas op die skoolbanke gefladder het, kriewel sommer weer. Pure tonekrullekkerkry so saam met die wyntjie.
Of dalk lê sepies se magneet in die feit dat dit dikwels so voorspelbaar is. Soos ons wens die regte lewe is. Want hier sien jy sommer vinning die pôpô gaan die spreekwoordelik fên tref. Nie soos in die regte lewe wat ‘n grasgroen papaja jou uit die niet soos ‘n ses katswink boul nie.
Wat ookal die rede, ek mag dalk die mees uitgesproke sepieverslaafde in my huis wees, maar ek’s beslis nie die enigste nie.
Wederhelfte ontken steeds heftig dat die geseeptes se doen en late hom aanstaan, maar ek sien hoe sy oor skoon bak punt om minstens net te hoor. Dis nou as ek hom nie vang waar hy in cognito agter my staan en loer nie.
Dieselfde met die kroos. Die macho-tienergene word vir ‘n halfuur ver weggebêre. Nuwe-ma Cloey sorg dat baba Brian se melkvoorraad slaggereed is sodat die honger bekkie nie die diep dialoog verskree nie. As varkensuur té kwaai raak, word die opvangknoppie blitsig gedruk sodat sy môreoggend dou voor dag haar inspuiting kan kry.
Dis nie ‘n Oscar- of Pulitzer-pryswenner nie, ek weet. Dit gaan ook nie vir die Nobelprys vir letterkunde genomineer word nie, vir seker nie. Maar danksy ons daaglikse sepie, kan die dokter nog die Booysens se hartklop hoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie