Die lekkerste fees in Namibië

Lloyd Zandberg
Dit bly maar net ’n hoogtepunt in menigde Namibiër se dagboek. Van die heerlikste kos waaraan jy kan smul, die stalletjies, die wildveiling tot by die vermaak. Die spreekwoord lees: Dit was een vir die boeke. En die Windhoek Draught Outjo Wildsfees kan net so beskryf word. Is jul kar en kinders al gepak? Indien nie, begin onmiddellik. Jy kan dit eenvoudig nie misloop nie. Sorry vir jou.

Die Windhoek Draught Outjo Wildsfees vind soos oudergewoonte by Sophienhof Lodge, 10km buite Outjo op die Khorixas-pad plaas. Dit beloof om weer eens ’n fees te wees om te onthou en soos dit nou al vernoem is; die lekkerste fees in ons land.

Die feesorganiseerders sê hierdie jaar word die fees se fokus op familiegenot geplaas. Stalletjies open alreeds om 08:30 elke oggend met ’n verskeidenheid van produkte, speletjies en heerlike kos om aan te peusel. Iets vir almal in die gesin.

Saterdagoggend sorg Hannon die Glam Guru vir ’n paar grimeer- en haartegnieke vir die dames tydens die damesoggend in die Shoprite Checkers Proe en Kuier-tent. Na afloop van die vertoning sal die dames kans kry om ontbyt te geniet ten bate van die Outjo-kankerfonds.

Shoprite Checkers bied ook hierdie jaar ’n uitdunronde vir die alombekende Shoprite Checkers Boerewors-kompetisie. Die wenner van die ronde gaan direk deur na die finale ronde in Windhoek en staan ’n kans om ‘n Isuzu 4x4-bakkie te wen.

Die uiters gewilde Shoprite Checkers Proe en Kuier-tent sal weer sorg vir heerlike wyn, kaas, soesjie, en vele meer stalletjies met talle demonstrasies wat ook sal plaasvind.

Die vermaaklikheidsarena sal sorg vir kompetisies en vermaak deur die loop van die dag vir oud en jonk. Vanjaar word van die grootste name van Suid-Afrika ingevoer en op eie bodem is daar ook verskeie bekende gesigte wat die verhoog gaan betree. Onder meer is Nicholis Louw Saterdagaand met DJ Ossewa en Andriëtte aan die beurt om die skare te vermaak. Verder kan Appel, Liezel Pieters, Arno Jordaan en R&R Duo almal tydens die fees gesien word.

Op die plaaslike front gaan die Namibiërs nie vir hul eweknieë uit die buurland terugstaan nie. Jo Nichol, André Havenga & Joggie Jansen en Just Jack gaan albei aande bobaasvermaak verskaf.

Republikein tree vanjaar as mediaborg op en help om die 15de verjaardag van hierdie fees op gepaste, swierige wyse te vier.

Indien jou voete nog nie jeuk nie, dan is daar iewers fout. As jy nog nooit die Windhoek Draught Outjo Wildsfees beleef het nie, moet jy dit definitief vanjaar oorweeg. Dit is en bly die lekkerste fees in Namibië. Vir meer inligting oor die fees, besoek gerus www.outjo-wildsfees.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!