Die lewe gaan aan
Otis Finck – Hoor is ’n storie, sê hulle, en dit is mos maar nou so dat ons mensdom eers wil voel voordat ons gaan hoor.
Sedert die koms van corona is dinge net nie meer dieselfde nie.
Bladskud is lankal iets van die verlede en maskers is nou skielik aan die orde van die dag.
Ek weet dit is iets wat nie vir die Chinese vreemd is nie, want besoedeling pla hulle.
Maar hier tussen my mense dink almal seker al ek is nors of kwaad vir almal, want ek groet nie meer so spontaan nie.
Dit is maar net ek haal nie meer so vrylik asem nie en die gebrek aan suurstof pla my grensloos.
’n Deel van die probleem is ook ek kan nie altyd uitmaak wie se gesigte agter sommige van daardie maskers skuil nie.
Ek moet ook erken ek kyk deesdae nie meer so baie rond nie, want my fokus is op die weg vorentoe.
Mense staan nou in lang rye in die openbaar om toegang tot besighede soos banke en winkels te verkry.
Dis ’n saak van “online of offline” wees.
Die son brand sonder ’n sambreel en gesprekke is ook maar yl gesaai.
Wanneer iemand dit sou waag om net té na aan jou te beweeg, kom sak daar ’n ongemaklikheid neer.
Watse moedswilligheid is dit die? Weet sy of hy dan nie van sosiale afstand nie?
Praat jy, is dit ook nie reg nie, want almal is knorrig en geïrriteerd.
Enige hoes of kuggie word met ’n vuil kyk begroet en ook met agterdog bejeën.
Jy kan nie eens noem jy worstel met ’n koorsie, verkoue of griep nie. Dit is amper asof jy te kenne gee jy het vigs in vergange dae toe dié nog ’n verbode onderwerp was.
Almal staan ver van jou weg en jy word soos die pes vermy.
Ja die lockdown is besig om in alle erns sy tol te eis.
Drank was eers taboe en nou het pryse die hoogte ingeskiet. Besighede dank werkers af en die gemoedere sak al hoe laer.
Dit lyk asof die enigste dinge wat floreer in dié moelike tye die swartmark en gevalle van die virus is.
Vir eens is petrol meer bekostigbaar, maar om op reis te gaan is nie in Erongo toelaatbaar nie.
Jy moet dood of trou sê hulle.
Die raad vloei vrylik.
“Maak die grense toe en laat die lewe tussen ons dorpe en in die informele nedersettings sy gang gaan. Kom ons blaas liewer lewe in die besighede wat besig is om stadig maar seker te versmoor.”
Die kom tot die besef.
In die stadium is daar geen keer nie, so laat die ding maar net sy gang gaan. Corona het gekom om te bly, lyk dit vir my.
Dit is klaar ’n uitgemaakte saak dat mense doodgaan en baie klaar dood is.
Is ek genadeloos?
Die noodlot loop ook nog sy eie draai.
Net voor die lockdown moet verstryk, kom bou die spanning en ook die hoop op dat alles tog sal regkom.
Die president en die dokter laat ons wag en vertel dan gedwee van nuwe coronagevalle wat skielik kom kop uitsteek het.
Dit lyk dan nou Corona het geen keer behalwe om te sorg dat almal en alles voorgekeer moet word.
Die kringloop met verreikende gevolge blyk op die stadium eindeloos te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie