Die lewe is moeilik - raak gewoond daaraan
Dit wil al hoe meer vir my voorkom asof jongmense vandag alles op ’n silwer skinkbord wil hê. Sodra hulle met ’n graad of ’n diploma in die hand uit die universiteit stap, verwag hulle om outomaties in topbestuursposte in te stap, in ’n blink BMW te klim en by ’n huis in ’n spogbuurt in trek.
Dit is nie noodwendig dat hulle hierdie gesindheid van toeëiening versin nie, maar dis asof die stelsel en selfs ouers hulle so pamperlang dat hulle onvoorbereid is vir wat die regte wêreld inhou.
Ek kom nou die dag op ’n artikel van Johan Holzapfel af wat in 1999 in Beeld gepubliseer is waarin uit die boek Dumbing Down Our Kids van die skrywer Charles Sykes aangehaal word.
Van die goue reëls wat Sykes aan die hand doen, bly tydloos en is net so goed vandag op Namibië van toepassing as elders in die wêreld:
1. Die lewe is nie regverdig nie. Raak gewoond daaraan.
2. Die wêreld het vrede met jou selfbeeld. Die wêreld verwag van jou om iets te bereik, voordat jy goed oor jouself begin voel.
3. Jy sal nie onmiddellik ná jou hoërskoolopleiding N$400 000 ’n jaar verdien nie. Jy sal nie die grootbaas van ’n maatskappy word, met ’n foon in jou blink motor, voordat jy albei verdien het nie.
4. As jy dink ’n onderwyser is te kwaai, wag totdat jy ’n baas kry. Sy of hy het geen geduld nie.
5. Om hamburgers om te draai, is nie benede jou waardigheid nie. Jou grootouers het ’n ander woord hiervoor gehad: hulle het dit ’n geleentheid genoem.
6. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou foute. Dis nie jou ouers se skuld nie. Hou dus op om oor jou misstappe te tjank. Leer eerder daaruit.
7. Voor jou geboorte was jou ouers nie so vervelig soos nou nie. Hulle het só geword van rekeninge betaal, jou klere skoon hou en na jou luister as jy vertel hoe wonderlik jy is. Voordat jy dus die tropiese reënwoude van parasiete soos jou ouers se geslag wil gaan red, gaan ontluis eerder die deurmekaar kas in jou kamer.
8. Jou skool onderskei miskien nie tussen wenners en verloorders nie en gee jou al die tyd in die wêreld asook die leidrade, om by al die regte antwoorde uit te kom. In die regte wêreld word welslae beloon en mislukkings gestraf.
9. Die rêrige lewe word nie opgedeel in semesters nie. Daar kry jy nie elke somer ’n lang vakansie nie en daar is nie baie werkgewers wat jou sal of wil help om jouself te vind nie. Dis jou verantwoordelikheid.
10. Televisie is ’n kammawêreld. In die regte wêreld besoek mense ook koffiekroeë, maar daarna gaan hulle terug werk toe.
11. Behandel die vaal ouens op wie jy neersien met die nodige agting. Die kans is goed dat jy eendag vir een sal werk.
By hierdie lysie kan ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi: Behandel mense met respek as jy met respek behandel wil word.
Moenie lieg nie, dit mors almal se tyd en aan die einde seëvier die waarheid.
Bly uit die skuld uit.
Moet niks doen wat jou selfrespek skade berokken nie. Selfmotivering is al wat tel. Niemand anders gaan jou motiveer nie.
Sela.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie