Die liefde hy bly onder hy se sawwe karos
Minette Brink - “Al sal ekkie tale van mense en van ingelse praat, ma ek het nou die liefde geloop geryl virrie haat, dan het ek U329; raaslike paraffienblik gestaat raak.”
Op ‘n snikhete Vrydagmiddag vieruur is dit toe sulke tyd. Saartjie staan op trou en die klok gaan binnekort slaan.
Voor die konsistorie is dit U329; ligte geskarrel, soos dit in ‘n ditsem-troustorie hoort.
Al verskil: Die bruid was eerste by die kerk en die strooijonker laat.
Doktor Leica haal sy selfoon uit met die hand wat nie besig is om foto’s te neem nie en beveel kaptein Herklaas Hoogverraad om sy alie te beweeg. Hy is op pad, sê dié onversteurd. Knoop net sy enigste das en dan stap hy die paar treë af kerk toe. “En onthou die . . .” sê die doktor verniet vir die dooie foon.
Ek wonder of die kaptein van nou af alleen ná werk ‘n bier sal drink, met dié dat sy beste taphuis-tjom binnekort aan die hoek is.
“Al was ek so slim lat ek niewe goeterse kan maak, ma ek het die Jirre se liefde byte innie son gelat lê, dan is ek niks, hoor wat ek hierie vedag vi jou sê.”
Die kaptein en Dapper die bruidegom klop mekaar op die skouer. Sê niks, weet mos wat gaan aan.
Die bruid-in-brokaat loer pieringoog om die hoek, met Bets Blom agter haar skouer. Alles nawa, beduie ek en sluk ‘n lawwe krap in my keel.
Kom in, kom in, beduie die dominee.
Bets laat waai op die musiekmaker. Agter haar oor wieg die klein wynrooi tulp, ‘n regte een, saam. ‘n Traan hang halfpad oor haar wang. Ek snuif op die maat van dié anderste troumars.
Hier kom die bruid.
Hans du Plessis se Griekwa-psalms bewe in my hand. Die bruid en die bruidegom kyk vir mekaar, lag, en kyk vir my. Tyd om voor te lees. Die krap stoot die woorde effe bewerig by my mond uit.
“Al gjee ek my hele bokke weg, net om te die ag te hê, dan sal al hierie dinge my nou nog niks gepetaal hettie as ekkie die liefde ytie jimmel kan geloop haal hettie.”
Ek kyk nie vir das, brokaat, dapperheid, blom of doktor nie. Ons is die Spoorwegklub van ses. Wie se soms aweregse en eksentrieke spore mekaar s’n deur die jare gekruis het. En hier staan ons nou.
Die dominee spreek die seën uit en die man soen sy vrou.
“Die regte liefde die se bek is nooit nie dikkie, jy sien hommie skinner en jy hoor hommie klikkie, hy skrywe die kwaad okkie in boekietjies oppie.”
Ek maak my dagboek toe.
Saartjie en Dapper het anderdag 10 jaar van getroud wees gevier. Die Spoorwegklub het lankal ontbind. Ons sien mekaar soms nog in die verbyry, verbygaan. En wanneer ons in mekaar se oë kyk, onthou ons die dae van spore wat kruis. Toe ons nog jonk was en die wêreld aan ons behoort het. Maar dit was lank, lank gelede.
“Die liefde maak alles mooi toe met hy se sawwe karos. Tale die hou op, voorspellingse vedwyn en woorde raak los, ma liefde die sal nou tot by ewageit toe net so bly staat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie