Die mans in my lewe
Jacqueline Louw
Die mans in jou lewe – wat 'n fassinerende onderwerp!
Voordat jy reageer met 'n betekenisvolle blik, mans is nie net minnaars nie, maar ook vaders, seuns en oupas.
Ek moet sê ek het altyd geglo dat mans ver superieur bo vrouens was en dat die matriargale wêreld waarna ons op pad is 'n rampspoedige afgrond sou wees. Ek was 'n bietjie betower deur Michelangelo, Johann Sebastian Bach en Voltaire, en ek kon nie aan vroue met vergelykbare genialiteit dink nie. Toe, ná verdere besinning, was ek verplig om te erken dat mans in vorige eeue alles in hul mag gedoen het om vroue te verhoed om hul volle potensiaal te bereik en dat De Lamartine waarskynlik nooit The Lake sou geskryf het as die enigste uitgestrekte stuk water wat hy ooit beskou het dié in die kombuiswasbak was nie.
Ek was gelukkig om baie mans in my lewe te hê - een oupa, my pa, drie broers, talle ooms, vriende en dié man in my lewe. Almal spesiaal op verskillende maniere - maar my nefies is my oogappels.
Ek was dol oor John Lennon in my tienerjare, veral die album Double Fantasy wat ek dikwels gespeel het. Die somervakansie saam met my familie en my onweerstaanbare nefies van vier en sewe het my 'n bietjie nostalgies laat voel oor Lennon se liedjie “Beautiful boy”.
My nefies is heuning en amber, sensitief, vol duiweltjies, verbeeldingryk en uitbundig. Ek kan nie help om aan die woorde van die rympie “What are little boys made of? Snips and snails and puppy-dogs' tails, that's what little boys are made of” te dink nie. Met seuntjies is daar altyd kattekwaad, iemand wat huil en iemand wat sê “dit was nie ek nie”. 'n Kano-uitstappie word 'n ontdekkingsreis in donker Afrika met watervalle en monsters, hulle komponeer lawwe liedjies met wilde oorgawe wat hulle luidkeels sing terwyl hulle by die venster uithang en geamuseerde uitdrukkings van verbygangers ontlok.
Op 'n reëndag bou hulle 'n kasteel (vir klein hondjies) in die huis, kompleet met 'n grag en ophaalbrug.
Nat swembroekies word argeloos neergegooi op pad na nog 'n nuwe aktiwiteit. Hulle swem soos klein otters en daar is dinosourusse in die stort, fietse en emmers vol vissies in hul slaapkamer, vingerverf en speelgoed oral in die huis en afdrukke van klein handjies op glasdeure. Ook geen kans vir laatslaap nie, want elke oggend vroeg verskyn 'n ondeunde gesiggie in jou deur.
Dit is ongelooflik wonderlik om jong lewens te sien ontvou – die moontlikhede van wat hulle sal word, is so oneindig. Lennon sing “I can hardly wait, to see you come of age” en alhoewel ek uitsien om te sien hoe hulle as jong mans sal lyk, sou ek graag die kosbare oomblikke van perfekte onskuld en spontaneïteit so lank as moontlik wou koester.
Ek dink 'n vrou het mans nodig om te blom, net soos 'n plant ondersteuning het om wind en weer te weerstaan.
So kom ons kyk mooi na ons mans – hulle is steeds 'n interessante komponent in ons lewe!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie