Die meetsnoere van die lewe
DR. KOBUS LAUBSCHER SKRYF:
Ek wil graag hulde bring aan wyle oom Dirk Mudge, wat ek baie goed geken het.
Ons kom uit dieselfde deel van die land en sy lewe was nog altyd 'n inspirasie vir my.
Karel Steas het gesê: “Om afskeid te neem, is miskien die moeilikste opdrag wat die mens voortdurend moet verwerk solank hy leef.”
'n Maatstaf van lewe is nie die duur daarvan nie, maar die nalatenskap.
Oom Dirk se uitkyk op die lewe was reguit en eenvoudig: “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is.” Doen dit met deursettingsvermoë, moet nooit met die tweede beste tevrede wees nie en waak jaloers oor jou integriteit; dit het geen tweedehandse waarde nie.
Sy werksetiek was formidabel; sy motivering was sy drome in werksklere.
Terugslae was vir hom leergeleenthede. Hy het sy staal getoon in hoe hy onder moeilike en soms intimiderende omstandighede kop omhoog besluite kon neem en uitvoering daaraan gee.
Sy lewe het 'n unieke optimisme oor die moontlike verloop van sake uitgestraal, wat van die grootste struikelblokke kleingeld gemaak het, maar met empatie teenoor sy medemens. Hy was nie 'n grootprater nie.
Phillip Brooks se bekende gesegde “ek bid nie vir 'n ligter las nie, maar vir 'n sterker rug” som sy sterk en duidelike sin vir 'n doel met alles op aarde op.
Sy vermoë om persoonlik te ontwikkel het hom nie net laat tred hou met 'n veranderde wêreld nie, maar hy was 'n gewilde klankbord tot sy dood. 'n Mens het nooit die indruk gekry dat sy rakleeftyd verby was nie.
Rus in vrede, oom Dirk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie