Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn
Hier is ’n heerlike debuutwerk. Natuurlik is dit ’n lekker liefdesverhaal vir tieners in die maand van liefde!
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis met die giggelgeel kombuis en vuil matte. Sy wens dit was nie nodig om na hierdie goor buurt te trek nie.
Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens dit was nie nodig om terug te gaan skool toe waar almal haar vreemd aanstaar en agter bakhande fluister nie.
Maar wense is nie veel werd nie – tensy jy in sprokies, gelukkige eindes en die towerkrag van verskietende sterre glo.
Dan ontmoet Estelle egter die buurseun.
Aiden met sy grys oë, kuiltjieglimlag en melkverslaafde kat. Aiden wat graag tatoeëermerke teken en saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
’n Lekkerlees-jeugroman vol humor en patos, oor die seerkry van tienerwees, maar ook die betowering van ’n eerste liefde wat begin blom.
Cecilia Steyn is op Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Onder leiding van haar broer en mentor, die skrywer Fanie Viljoen, waag sy ook nou haar hand aan die skryfkuns. Julle gaan nog baie van haar sien!
Die meisie op die dak (ISBN: 9780799377248) is deur Lapa Uitgewers vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie