Die mense agter gemeenskapsbewaring
Die Safari Club International-stigting ondersteun 'n mentorskapprogram in bewaringsgebiede.
Dave Cole
Wildbewaarders het vandag, meer as ooit tevore, 'n belangrike rol in die bewaring van wild en ander hulpbronne in Namibië se 83 geregistreerde bewaringsgebiede.
Om 'n wildbewaarder te wees, is nie 'n maklike taak nie en hulle kry nie altyd die erkenning wat hulle verdien nie.
Dít geld veral die Khoadi-//Hôas-bewaringsgebied, waar wildbewaarders as omgewingsbewaarders bekend staan.
Die benaming word bo die term “wildbewaarder” verkies omdat hul take in die Khoadi-//Hôas-gebied meer as wildbestuur behels.
Dié bewaringsgebied is in Junie 1998 as die tweede kommunale bewaringsgebied in Namibië geregistreer - op die hakke van Nyae Nyae-bewaringsgebied, wat vroeër dieselfde jaar geregistreer is. Khoadi-//Hôas beslaan 'n gebied van sowat 3 364 vierkante kilometer met net meer as 2 000 lede.
Tans is agt omgewingsbewaarders en 'n omgewingskoördineerder hier in diens en daar word beoog om meer omgewingsbewaarders aan te stel.
“Die bewaarders se hooftaak is om maandeliks gevesgtigde roetepatrollies te doen, asook patrollies vir skaars en bedreigde spesies, en patrollies in die gebied. Hulle onderneem ook gesamentlike patrollies met die ministerie van die omgewing en toerisme, verduidelik mnr. Albert Guruseb, die omgewingskoördineerder.
“Ons gee boere raad - veral oor die vermindering van mens-dier-konflik.”
Sekere individue verdien erkenning vir hul waardevolle leierskap in die groep.
Een van hulle is me. Maleska Harases (39), wat die afgelope agt jaar 'n omgewingsbewaarder is. Sy het in 2009 as 'n junior begin en het in 2016 'n senior bewaarder geword.
Harases is in 'n nedersetting in Erwee, tussen Kamanjab en Palmwag, onder die indrukwekkende Grootberg gebore.
“Ek het op 'n plaas grootgeword en een van my take as 'n jong meisie was om bokke in die veld op te pas. Terwyl ek dit gedoen het, het ek ook wild gesien. Ek onthou hoe grasieus die kameelperde weggehardloop het en dit het my betower. Ek wou nog altyd met wild werk.”
Harases het toe eindelik 'n senior omgewingsbewaarder in Khoadi-//Hôas geword.
“Dit is so belangrik om voort te gaan met ons werk en ons kinders te leer sodat hulle in die toekoms nog wild in ons gebied sal kan sien.
“Ek geniet my werk en ook om alleen in die veld te wees. Dit is vervullend. Ek wil graag meer opleiding ontvang sodat ek, wanneer ek ouer is, as 'n toergids kan werk en skole kan oplei,” sê sy.
MENS-DIER-KONFLIK
Mens-dier-konflik het onlangs vererger met die droogte wat die gebied al drie jaar lank teister.
Me. Lorna Dax, die bewaringsgebied se bestuurder, verduidelik baie spesies wild trek uit hul gebiede op soek na weiveld en water.
“Die probleem is baie roofdiere volg hierdie diere wat nou nader aan boerderygebiede beweeg. Dié gebiede verloor dan vee aan roofdiere soos leeus en hiënas. Baie van die natuurlike fonteine het ook opgedroog en olifante maak van die boere se waterpunte gebruik. Ons voorsien bykomende diesel aan boere wat water vir die olifante pomp om te drink.”
Mens-dier-konflik bly een van die grootste kwessies vir die bewaringsgebied en sy lede, maar die roofdiere verantwoordelik vir veeverliese word nie kwalik geneem nie.
“Hoewel veeverliese altyd 'n probleem is, waardeer ons lede ook die voordele wat uit die bewaringsgebied se wild- en toerisme-inisiatiewe verkry word. Hoewel die regering vergoeding vir mens-dier-konflik bied, het ons besluit om die bewaringsgebied se begroting vir veeverliese te verdubbel van N$60 000 tot N$120 000,” verduidelik Dax.
“Ons inkomste kom uit twee lodges wat ten volle aan die gemeenskappe behoort en namens ons deur 'n private maatskappy bestuur word. Ons het ook 'n kampeerterrein en kry 'n aansienlike inkomste uit trofeejag.”
Daar was egter 'n toename in stropery wat groot kommer vir die bewaringsgebied veroorsaak.
Die gebied wat die omgewingsbewaarders moet dek, is baie groot en dikwels nie per voertuig bereikbaar nie.
Daar is ook kommer oor hul veiligheid.
Mnr. Romanus Guibeb, 'n senior omgewingsbewaarder, verduidelik: “Stropers dra vuurwapens, maar ons mag nie wapens dra nie. Ons is gefrustreerd omdat ons geen mag het om op te tree wanneer stropery plaasvind nie. Ons mag nie verdagte stropers nader nie. Teen die tyd dat die owerhede opdaag, is die verdagtes lankal weg.”
Nacso, Namibië se sambreelorganisasie vir die Gemeenskapgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur-program (CBNRM), is besig om 'n gemeenskapsgebaseerde wildbewaringsmentorskapprogram te implementeer.
Die doel van die program is om wildbewaarders se toewyding tot wildbestuur en -beskerming te bevorder.
SAFARI CLUB INTERNATIONAL
Die Safari Club International (SCI) se stigting in Tucson, Arizona, Amerika, finansier die program.
“SCI glo Namibië is 'n vesting vir wild en vir volhoubare gebruik. Dít danksy die land se gemeenskapsgebaseerde natuurbewaringstruktuur en die goeie werk wat deur Nacso gedoen word.”
Die SCI-stigting sê stropers kom ongelukkig van naburige streke af en is 'n groot bedreiging vir Namibië se bewaringsgebiede in die Noordweste, wat die tuiste van waardevolle en bedreigde wildspesies is.
“Die stigting ondersteun die mentorskap- en opleidingsprogram vir wildbewaarders in hierdie gebiede sodat hulle op stopery kan reageer.”
Die program sal ook tot Julie vanjaar in die Ehirovipuka-, Omatendeka- en Nyae Nyae-bewaringsgebiede geïmplementeer word, waarna op opvolgaksies besluit sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie