Die misterie van poësie
Lloyd Zandberg
Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir werk kom, verloop Kobus Lombard se oggend ietwat anders.
Hy sit, dink en dig. Hy beskryf die atmosfeer as terapeuties stil.
”Ek skryf vroeg in die oggend voor die daaglikse ritmes begin. Dan is ek vars. Ek skryf net vir 45 minute op ‘n slag, want poësieskryf is intens.”
In 1972 begin Lombard met woorde, verse en rymskemas eksperimenteer. ‘n Eksperiment wat volgens hom sou help om die emosies uit sy lyf te kry, dié dinge wat in ons koppe maal en selde die son sien.
“Die feit dat ek ‘n aangenome kind is, het immers soos ‘n skaduwee met my saamgeloop en het selfs nog in my vyfde bundel sy stem laat hoor,” sê die bekroonde Namibiese digter.
Dis bekend dat digters oor geweldige emosies beskik, en hul verse uiteraard een of ander fase van hul bestaan verteenwoordig.
Tydens Lombard se kennismaking met poësie was die “verse in die storm en drang geskryf”.
Ironies genoeg dra nie baie mense kennis van daardie deel van sy bestaan nie - die drang na rustigheid.
“Mense wat nie weet dat ek dig nie, sê dat hulle nie die ernstige kant van my sou raai nie.”
Kobus Lombard is in 1952 in Waterval-Boven in Suid-Afrika gebore en het as aangenome kind uit die Maria Klopper-kinderhuis daar in Gobabis mens geword. Dis ook daar waar hy besef het die harmonieuse atmosfeer van mense rondom hom, veral in gesinsverband, is wat hom gelukkig maak.
Die lesse wat hy deur sy lewe geleer het, het alles bygedra tot die mens wat hy vandag is.
Sy tyd is min vir arrogante individue wat hulself as alleenbesitters van die waarheid beskou.
“Jammer om te sê, maar kerke wemel veral hieraan,” sê hy effens beskeie.
Lombard het aan die Hoërskool Jan Möhr gematrikuleer en voltooi daarna verpligte diensplig in die Suid-Afrikaanse Lugmag. Niks in daardie stadium van sy lewe sou 'n aanduiding gee dat hy een van die bekendste digters in Namibië sou raak nie.
Lombard studeer handelswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en voltooi sy nagraadse studies in sielkunde deur Unisa. Uiteindelike skop sy loopbaan in Kaapstad af, en etlike jare later besluit Lombard om terug na Namibië te verhuis.
“Ek was tot my aftrede in 2012 werksaam by die stadsraad van Windhoek as menslike hulpbronne-bestuurder.”
Hoe het dit gebeur dat iemand met ‘n handelsagtergrond met die taal gepla is en later daarvoor beroemdheid sou verwerf?
“Ek het nie tale studeer nie, maar ekonomiese wetenskappe en sielkunde. Poësie was egter die genre wat my die meeste aangetrek het, omrede dit die kuns van die gekonsentreerde woord is,” verduidelik Lombard.
Die klankrykheid van die Afrikaanse taal is wat Lombard oorreed het om digkuns meer ernstig aan te pak.
“Afrikaans val baie goed op my oor. Of jy nou vloek of huil, dit dra die emosies lekker oor.”
Hoewel hy sê die wyse waarop gedigte op skool gedoseer is, was nie inspirerend nie, het dit geen impak op sy liefde vir poësie gehad nie.
Vandag spog Lombard met verskeie pryse vir sy digkuns.
Sy debuutbundel, Geknipte naelstring, haal in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Sy daaropvolgende drie bundels is Tussen wysvinger en duim in 2005, Vlerke vir my houteend in 2010 en Skadu oor die sonwyser in 2015.
“Digters skryf nie met die oog op ‘n prys nie, maar waardeer dit as dit wel realiseer. Die opregte waardering van lesers is waarskynlik die tipe erkenning wat skrywers die meeste motiveer. Vir my altans.”
Die werke van Dolf van Niekerk, Antjie Krog se vroeëre werk en Daniel Hugo se vermoë om met min woorde iets gesê te kry, beskou Lombard as inspirasie.
TUSSEN TOEVAL EN WILLEKEUR
Liefhebbers van Lombard se digkuns kan uitsien na ‘n spliternuwe bundel, Tussen toeval en willekeur (Naledi). Dis die vyfde bundel uit sy pen en het ongeveer drie en 'n half jaar geneem om te voltooi.
Die bundel bevat 57 oorspronklike gedigte, wat min of meer ‘n standaard volume vir hedendaagse bundels is.
“Poësie is intens en moet verkieslik in kleiner porsies gelees en verteer word,” voeg Lombard by.
Die vorige bundels is vyf jaar uitmekaar gepubliseer en Lombard sê hy skryf relatief stadig omrede hy lank afrond aan sy werk.
“Skryf is ook nie my voltydse beroep nie.”
Die titel en omslag van enige boek speel ‘n groot rol in die algehele gevoel van 'n boek, maar Lombard glo dis moeilik om ‘n bundel se volle indhoud met ‘n enkele titel te omlyn.
“Die titel van my bundels kom altyd heel laaste. Die titel kom uit die titelgedig: “Toeval en willekeur”. Vir bemarkingsdoeleindes is die titel altyd ‘n gesamentlike keuse tussen die skrywer en die uitgewer.”
Verskil die nuwe werke enigsins van Lombard se unieke, kenmerkende styl?
“Die vyfde digbundel is ’n voortsetting van ’n binnewaartse reis op soek na die grense wat sy werklikheid omlyn. Beelde uit Lombard se Namibiese leefwêreld suggereer dat die onsegbare dikwels tussen woorde en in leë spasies skuil; dat die ware god hom verskans tussen vele ander gode. Grense vervaag en die waarheid flits soms bedrieglik soos gemsbokhorings teen ’n duin. Tussen die pole van waarskynlikheid word die ritme bepaal deur toeval en willekeur,” sê die uitgewer.
Die landskaptoneel wat as agtergrondfoto op die omslag van die boek gebruik is, het Amy Schoeman goedgunstiglik aan Lombard beskibaar gestel.
“Ek dink die uitgewer het dit besonder kunstig ontwerp. Dit is my eerste bundel met ‘n eg Namibiese baadjie, omrede die inhoud sterk op die landskap steun. Die lig- en skadu-kontraste in die duine spreek ook tot die titel, Tussen toeval en willekeur. Daarvoor moet jy die bundel lees.”
Die bekendstelling van Tussen toeval en willekeur vind Dinsdag 20 November om 18:00 vir 18:30 by die Opera Huis by Lemontree Restaurant, 18 Liliencronstraat, Eros, Windhoek, plaas.
“Die bekendstelling is altyd vir my ‘n effens ongemaklike sosiale blootstelling, dog die bywoning van vriende en belangstellendes is aangenaam en inspirerend.”
Aan jong digters en taal liefhebbers het Lombard ‘n eenvoudig boodskap: Woon ‘n goeie skryfskool in poësie by. Werk hard aan jou verse se afronding. Lees verskeie digters se werk, nie net dit waarvan jy hou nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie