Die moeilike besluit, inenting of nie
Die moeilike besluit, inenting of nie

Die moeilike besluit, inenting of nie

[email protected]
Sanet de Waal
Kristien Kruger

Dis veilig om te sê elkeen van ons het ons eie mening oor die Covid-19-entstof en dit is nie my plek om enige iemand se mening te probeer verander of beïnvloed nie. Ek deel eenvoudig my siening vandag met jou. Dis egter belangrik dat jy weet ek respekteer jou standpunt en jou redes - wat ook al dit mag wees. Ek vra dat jy myne op dieselfde manier sal hanteer. . .

Ek is tans in die VSA en word vir die eerste keer met die geleentheid gekonfronteer om die entstof te kry. Aangesien Amerika reeds alle gesondheidswerkers en die ander “belangrike” mense ingeënt het, is dit nou verniet vir die oorblywendes.

Mens kan aflei van sosiale media dat jonger mense definitief meer gewillig is om die entstof te kry. Ek het reeds verskeie plasings gesien van jongmense wat trots en opgewonde was om dit te kry. Dit is dalk omdat die jonger generasie meer vertroue in die wêreld se topklas navorsers en wetenskaplikes het. Moontlik omdat ons reeds aangepas het tot die “interconnected” wêreld van vandag óf dit is net blinde naïwiteit.

Ouer mense is beslis skepties en minder oopkop oor die storie (in my ervaring) en dit is heeltemal verstaanbaar – ons almal vrees die onbekende en dis dalk beter so.

Die ouer generasie was afgesonder van die res van die wêreld en waarom moet hul nou hul lewens aan wetenskaplikes van Duitsland, China of waar ook al, mense wat hul van geen kant af ken nie, met hul lewens toevertrou? Liewer bang Jan as dooie Jan.

In ’n gesprek met ’n ouer vrou oor die entstof het sy (met ’n mooi hart en goeie bedoelings) vir my gesê: “Wees versigtig wat jy in jou liggaam toelaat.”

In dieselfde gesprek – oomblikke later – vertel dieselfde vrou vir my hoe hul weekliks hul Ivermektien by Agra koop.

Die ironie.

Ek wil niemand verkeerd opvryf of vir kuberboelies rede gee om my aan te val nie. As Ivermektien vir jou werk, dan goed so - “You do so”.

In my opinie, en ek herhaal, dit is my opinie (waarop ek geregtig is en op niemand afdwing nie), is dit iets wat nie aangepas is vir menslike gebruik nie. As jy die newe-effekte van die entstof bevraagteken, moet jy tog die newe-effekte van dieremedisyne ook in gedagte hou.

Boereraad is ’n veilig terugval vir baie, dit is in ons kultuur en die bekendheid daarvan bring verligting. Ek verstaan, jy vertrou eerder die opinies van mense wat jy ken en vertrou as dié van vreemdelinge.

Een ding is seker. Ons wêreld is oorbevolk en elke nou en dan moet iets kom om getalle minder te maak of dit nou oorlog, natuurrampe of virusse is. Hoewel elke individu se lewe op hierdie planeet van waarde is, kan ons gelukkig wees dat dié virus die kinders en jongmense se lewens gespaar het.

Ek wonder net by myself hoe gaan ons die wêreld verander, ofte wel terug verander. Ek weet dinge sal nooit weer teruggaan na hoe dit voor die pandemie was nie, maar ek glo werklik die entstowwe kan die wêreld van hierdie pandemie genees en as ek ’n bydra kan maak, dan gaan ek. Hoe meer mense die entstof kry, hoe minder sal tog doodgaan? As my gedrag iemand se lewe kan red, waarom nie? Dalk is ek ook net naïef?

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!