Die mooi in ’n lelike pandemie
Hopelik was dit die ergste jaar wat ons in ons leeftyd moes deurmaak, maar ek is bevrees met ’n tweede golf op pad en selfs die lieflike skoonheidskoningin Andeline Wieland as Covid-19 se nuutste positiewe geval was ons middernagtelike sug van verligting met die oorgang van Oujaar tot Nuwejaar waarskynlik voortydig.
Teen die einde van die jaar het ek al menigmaal die “dinge wat in 2020 moet bly” gesprek gehad en ’n paar kollegas het deur die pers ook hierdie gesprek met ons lesers gehandhaaf.
Hoewel die sterfte van talle mense se geliefdes en die verdomde virus maar liewers sy tentakels in 2020 kon gehou het, was daar ook ’n silwer rand – soos daar gewoonlik is.
Maskers was op hul eie ’n riller wat Stephen King nog nie heeltemal uitgedink het nie, maar tog toe ek ’n paar weke gelede in die supermark staan en saggies ’n Taylor Swift liedjie van 11 jaar gelede saam met die luidsprekers sing, het die innemende jong man wat verby my gestap het nie geweet nie – vernedering vermy, dankie masker.
Nog ’n blink kant van masker dra, is dat jy eenvoudig mense kan ignoreer.
“Askies, ek kon nie jou gesig herken nie, jy weet… maskers, haha,” was net 75% van die kere wat ek dit gesê het die waarheid – die ander 25% was omdat ek moeg was en nie kans gesien het vir die gesprek wat uit die groet sou spruit nie.
Ek is seker alle introverte kan saamstem dat sosiale afstand eintlik nie te erg is nie. Op universiteit is ons geleer dat ongeveer 2 meter ’n sosiale afstand is en ek kon nie glo nie – ek staan veel nader aan vriende en vriendinne in ’n sosiale opset, maar noudat ek aan 2 meter spasie gewoond is, wil ek nooit weer terugkeer nie.
Ou mans raak nie meer onnodig aan my nie en al lyk die ry by die supermark se kassiere nou langer, loop dit vinniger as verwag.
Introverte het ook waarskynlik van die “by die huis bly” effek gehou. As introvert is enige verskoning om by die huis te bly vir my ’n goeie verskoning. Ek is nie meer ’n sosiale kreupele nie, ek is verantwoordelik met my gesondheid en die gesondheid van ander – daar is ’n verskil.
Laastens, empatie. As introvert joernalis wat in die pandemie nie meer naweke moes werk om sport en ander geleenthede te dek nie het ek baie tyd op sosiale media deurgebring.
Vroeg in die pandemie het ek ’n YouTube kanaal onder die naam ‘Jubilee’ raakgeloop. Hierdie kanaal se hoofdoel is om empatie vir ons medemens te versterk. Mense het hul werk en geliefdes verloor, ons ekonomie is so te sê in sy kanon in na slegs die eerste golf en ons as Namibiërs was in ’n moeilike plek.
Ons het mekaar nog meer as ooit tevore nodig gehad en selfs in hierdie plek kon ek die prag van die Namibiese gees ondervind.
Liefdadigheidsorganisasies het hul vingers stompies gewerk om soveel siele as moontlik met ’n bord kos te kan bedien. Ons het gelag en gesels onder die maskers deur en steeds met 2 meter tussen ons.
Die strate was leeg. Mense het tuisgebly vir hul medemens se gesondheid (meer as wat my geboorteland Suid Afrika kan sê). ’n Namibiër het ten spyte van die masker vir my die eg Namibiese knik-en-glimlag-groet probeer gee.
Ten spyte van die lelik van hierdie pandemie het die mooiheid van die Namibiese gees deurgeskyn. Daarvoor bedank ek jou, Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie