Die mooi onthou van die reuk van pyptabakrook
Al verwag jy die dood van 'n geliefde, bly die tyding steeds 'n skok.
Ons redaksie het geweet ons kollegas Gene Travers, Alita Louwrens en Errol Hurter is siek. Ons het onsself voorberei op wanneer die einde gaan kom, maar wanneer jy die tyding kry, ruk jou hart en jy bars in trane uit.
Toe ek my pa verlede jaar op 7 Oktober die laaste keer gesien het, het ek geweet ek neem afskeid van hom. Tog, toe ek sy doodstyding op 25 Julie kry, was dit verskriklik vir my. Die wete dat ek 'n geliefde nooit ooit weer gaan sien nie, is hartverskeurend.
Sondag, presies 'n jaar ná ek die laaste keer my pa gesien het, kom die boodskap van die afsterwe van Republikein se (en my geliefde) subredakteur, oom Errol. My trane wou nie opdroog nie.
Maandag kom nóg 'n doodstyding van Tallie Taljaard, my ou kollega van Rustenburg Herald en Brits Pos waar ek my joernalistieke loopbaan 24 jaar gelede begin het. As groentjie by die streekskoerant Brits Pos is ek aan die diep kant ingegooi en moes ek die hele koerant volskryf - van misdaad, hof tot sport. Net my voor- en agterblaaie is deur 'n proefleser gelees. Daar het geleer ek móét skoon skryf, anders is my naam krater.
Dit is my kollegas wat my geslyp, gebrei en 'n groot invloed op my skryfwerk en karakter gehad het. My koerantvriende is my familie en my ondersteuningsnetwerk.
Ek en oom Errol het sedert 1994 'n lang pad by Republikein gestap. Ek was nooit so bang vir hom soos ander junior joernaliste wat hom “oom Error” gedoop het nie, maar wel baie versigtig.
Die subredakteur vir wie ek die bangste was, is Marietjie van Staden wie se rooi potloodmerke op jou storiebladsy gate gemaak het.
As oom Errol "Steynberg, kom hier!" oor die redaksiekantoor gebulder het, het ek geweet ek het 'n fout gemaak en jammer gesê.
Tot vandag toe verstaan ek nie waarom hy aangedring het op die ministerie van “die” omgewing en toerisme nie, maar daardie “die” laat ek nooit uit nie.
Ná 'n uittrap sou hy weer rugby, braai of boeremusiek gesels het of vra hoe dit nog gaan met “Donker Afrika”, my verloofde in Accra.
Elke keer as ek gereis het, het hy my met 'n druk en 'n soen terugverwelkom en ek moes alles oor my reis (in mooi Afrikaans) vertel.
Sy pyp, twaksak, pypskoonmaker, Zippo-aansteker en woordeboeke was sy trots. Sy pyptabakrook het vir my so lekker geruik.
Vir die bladontwerpers het hy teen saktyd aangepor: "Kêrels, julle moet mielies gooi!"
Een aand antwoord 'n ontwerper terug: "Oom Errol, ons het lankal mielies gegooi én popcorn gemaak."
Oom Errol wou nooit aftree nie, want hy het gesê hy het nie 'n stokperdjie nie. Nadat kanker hom getakel het en hy nie meer in die redaksiekantoor was nie, het hy ons per e-pos steeds een vir een op die naam oor taalfoute uitgetrap.
Ek het gehoop hy raak rustiger, maar nou wens ek oom Errol stuur vir my nog net één e-pos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie