Die murg van Namibië
“Pak,” sê ek vir Peter.
“Tyd om siele te gaan voltap.
“Bring jou kamera en ‘n oop gemoed. Ons gaan die murg van Namibië soek.”
Karamel, blou, flertse groen, ry, ry, die hipnotiese gesuis van bakkiewiele oor kilometers van niks. Dit trek jou onder die sand in, noop jou tot dig. Repe buiteband, geroeste wieldop, stuk-stuk tekens van hier was lank voor jou iemand verby.
Die verlatenheid verdiep. Tog wil jy hê die pad moet aanhou aanhou. Namibië is ‘n spookvrou. Namibië is ‘n dodelike minnaar. Namibië kan jou mal maak – met jou eie gedagtes.
Ek dut in die loom son, maak ‘n uur later my oë oop. En als lyk presies dieselfde.
I had this perfect dream, sing Montserrat en Freddie wat die Valie in sy stilte-rit maar vir geselskap opgesit het. Of dalk het hy langs die pad begin skrik van te veel dink.
‘n Fluweelvuis druk my hart. Dis my plek die. Rots wat die blou intoring. Vallei met ‘n reusehand gehark.
Dis in ons bloed, reisigers-jeuk. En net Namibië weet waar om te krap.
Dis die ewige dors na water, die geboer met klippe. ‘n Uit die bloute bakkie wat met ‘n stofstert winde van veranderinge op die grondpad maak. Enkele wolkflertse bo die Tirasberge.
Dis die hier en die nou. Die stilword van die kopwurms en blitse. Dis in die warm pols van die rooigrond.
Dit moet ‘n uitsonderlike mens wees wat hier in godsverlatenheid bly, prewel die Valie vir ‘n plaasopstal in die niet.
Durf en deursettingsvermoë van gister is die voorspoed van vandag, sê die gedenksteen van Helmeringhausen se 1925-grondleggers.
Dis in die trots van Willem Hans se skouers. Oor sy nuwe fiets, oor hy gekiek word.
Dis in die “hy kielie my”-skater van Jessie met ‘n pasgebore boklam in haar sewejarige arms.
Namibië moet jy eet: Stadig, versigtig, waarderend, sodat jou siel nooit verhonger nie.
“Hy kom”, staan in stewige letters op ‘n klippilaar. “Weer”, as nagedagte in wankelskrif onderaan.
‘n Verdwaalde skoen hier, verlepte hoedjie daar, oral tekens van iemand was voor jou hier. En iemand gaan ná jou ook hier verby.
Welkom, sê Maltahöhe. ‘n Vrolike dorre plek, met geharde vrolike mense. Daar’s ‘n lus in die lug.
Hier sal jy altyd ‘n bekende gesig raakloop. En die kans is goed dat die gesig op presies dieselfde plek in die kroeg, restaurant, op die winkelstoep sit as jare terug.
Slaaptyd. Stilte. Miskien die veraf gebrom van ‘n lorrie in die nag, sussend, gerusstellend. Iemand is daar buite, wakker, waaksaam, op pad.
Dis die ewige dorstigheid na lewensvog van mens en dier, die primitiewe onafhanklikheid. Ek wil eendag gaan lepellê op Lepel. Eendag.
In die middel van nêrens staan hulle. Met die vyfsilinder wat teen die draad wei.
Hans Gariseb en sy vrou, Katriena. Hans met die wysheid van die eeue in sy gesigkepe.
“En dis onse kinders, Hannie, Dawid en August.
“Die silinders is Steenbok, Voster, Vaalbok, Wiegman en Smart. Net Smart is steeks, miskien oor sy naam? Onse hond die is Koppie en ons kom van ‘n plaas so 30 kilometer van hier. Ons het vroegdag weggetrek en toe hier uitgespan vir die nag. En ons sal netnou-netnou weer aanstoot, ons het nog 20 kilometer om te gaan. Ons is bietjie op vakansie, ek en die vrou en die kinders. Jou hart is #Gaob, die vuur is /Aes en liefde is /Nammi. Maar ek ken nie die naam van daai murg wat julle soek nie.”
Vir lank waai ek agterna koebaai.
Toe hulle oor die horison glip, sug die Valie diep tevrede.
“Ek dink ons het dit gekry.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie