Die Namibiese Kunstefees

Lloyd Zandberg
Skoonheid en diversiteit in kuns.

Dié geleentheid word op die 1ste Desember by die 1990-Freedom Plaza in Windhoek aangebied. Die tema is “Beauty and diversity in Art.”

Danksy harde werk kan die Namibiese Kunstefees-organiseerders nog ‘n eksklusiewe geleentheid laat realiseer dié feesseisoen. Baie aktiwiteite is ingesluit, soos die ongelooflike kunsuitstalling, ‘n boekbasaar met plaaslike, sowel as internasionale skrywers vir letterkundeliefhebbers, verskeie kunstenaars wat optree, ‘n speel-area vir kinders met ‘n springkasteel, en ‘n kunstenaarsgalery.

Voor die hoofgebeurtenis sal die openingseremonie behartig word. Die betrokke kunstenaars sal tydens die seremonie verwelkom word.

Die Namibiese Kunstefees is gretig om die kunswêreld uit te brei, en hoop om met die uitstalling ‘n bergip vir die waarde van kuns te kweek, vir die kunstenaars én kunsliefhebbers. Kuns is ongetwyfeld ‘n vorm van meditasie, en organiseerders sien uit daarna om dié geleentheid terselfdetyd asemrowend en ontspannend te maak vir almal.

Die geleentheid moet mense leer om interaksie met kunstenaars te hê, en om kunswerke vir hulself aan te skaf. Die werk van kunstenaars landswyd sal ten toon gestel word, wat blootstelling en verkoopsgeleenthede aan hulle sal bied. Uitstallings soos dié word verryk deur werkswinkels, wat die gemeenskap leer hoe om hul kuns ten beste te vertoon, en hoe om dit plaaslik en internasionaal te bemark vir verkoopsdoeleindes.

Besoek Events Today en kry jou kaartjie, voor dit te laat is! Ingang vir kinders tussen 0 en 15, sowel as pensioenarisse, is gratis. Early bird-kaartjies is N$30, by die hek is dit N$40 en vir studente (met studentekaarte) is dit N$20.

Bly op hoogte deur hul webtuiste te besoek by www.namartsfair.com, of gaan loer op hul Facebook blad by Namibia Arts Fair.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!