Die nuwe MacBook Pro
Die nuwe MacBook Pro

Die nuwe MacBook Pro

Verpand maar daai ou MacBook Pro van jou, want Apple het pas sy beste, maar ook heel duurste skootrekenaar tot dusver bekend gestel.

Die splinternuwe model spog met Intel se jongste agtste-generasie rekenaarskyfie, 'n reusagtige 32 gigagrepe geheue én 4 teragrepe stoor­spasie.

As hierdie spesifikasies vir jou net te aanloklik klink, sal dit dalk wys wees om eers 'n afspraak met jou bankbestuurder te maak.

Die aanvanklike verkoopprys van dié nuwe MacBook Pro is 'n yslike US$6 699 (sowat R89 000).

Dit is US$2 400 meer as verlede jaar se beste model.

The Verge wys egter daarop dat die ­2018-model 'n beduidende verbetering is op laasjaar s'n, vandaar die verhoogde prys.

Apple het terselfdertyd ook goedkoper en kleiner MacBook Pro's bekend gestel wat wegdoen met van die spoggeriger funksies van die duurste model. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!