Die Omusati-, Ohangwena- en Oshanastreek

Gerine Hoff
Dis hier!
Voeg drie kaart in!


In ’n neutedop
Die Omusati-, Ohangwena- en Oshanastreek is redelik plat, met talle nedersettings wat die landskap versier. Tussen die landerye en die krale is daar mopanie-, maroela- en wildevybome asook makalanipalms – iets wat bykans sinoniem met dié gebied is. In goeie reënjare word baie damme en poele gevorm wat oshanas genoem word. Die Cuvelai-rivierstelsel vloei van Angola hier deur tot in die Etosha-pan.
Hoewel die B1-hoofweg die dorpe in die streke verbind, kan dit jou ’n tydjie neem om jou bestemming te bereik, aangesien bokke, skape en beeste hulle graag op en langs die pad tuismaak!
Vanuit ’n suidelike rigting is die eerste groter dorp Ondangwa, met kosstalletjies, drankwinkels en hutte wat tussen moderne geboue geleë is. Oshakati is die grootste dorp in die streke en is sowat 35 km noord van Ondangwa geleë. Saam met Ongwediva ontwikkel dié drie dorpe baie vinnig.


Sien dít!
Ohangwena
Dié streek is baie dig bevolk, met die Kwanyama-stam wat die grootste etniese groep is. Die inwoners hier het nog noue kontak met vriende en familie wat in Angola, net oor die grens, woon. Ohangwena word uit Eenhana geadministreer en die naam verwys na die woord vir " kalwers" . Dit is afgelei van die kalwers wat kom water suip waar die dorp vandag geleë is.
In onlangse jare het nabygeleë Oshikango, wat op die grens met Angola is, ontwikkel in een van die land se besigste dorpe, omdat baie Angolese burgers oor die grens kom om in Namibië inkopies te doen. Van toeristegeriewe is eintlik nie sprake nie.
Omusati
Dié streek lê wes en grens aan die Kunenestreek. Dit is in dié gebied waar die bekende Ombalantu-kremetart groei. In vergange jare was die boom ’n poskantoor, kapel en wegkruipplek, maar vandag is dit ’n toeriste-aantreklikheid.
Omusati huisves ook die Uukwaluudhi koninklike tuiste by Tsandi. ’n Besoek hieraan bied aan gaste die geleentheid om ’n tradisionele paleis eerstehands te sien.
Oshana
Oshana is in die middel van die streke geleë en is die digste bevolk. Die naam verwys na die Oshana-stelsel - ’n menigte gekoppelde waterkanale wat eens, saam met die Etosha-pan, die binnelandse delta van die Kunenerivier gevorm het. Die oshanas en talle kleiner dammetjies het oorgebly en dit word deesdae net deur reënwater aangevul, hoewel dit steeds in die noordelike gedeelte van die Etosha-pan dreineer.
Ondangwa is die streek se administratiewe sentrum. Vinnige groei van beide Ondangwa en naburige Oshakati, het meegebring dat die twee dorpe deesdae so te sê vat-vat aan mekaar. Oshakati beleef ook al hoe meer besoekers, te danke aan sy kleurvolle ope markte, sjebeens en tradisionele kunsvlyt.
'n Bietjie suid van Ondangwa is Olukonda, waar die Finse sendingstasie geleë is. Olukonda wat reeds in 1871 gestig is, is een van die eerste Finse sendingstasies in Ovamboland. Vanaf 1880 tot en met sy dood in 1926, was dit die tuiste van die sendeling Martti Rautanen, ook bekend as Nakambale, wat verantwoordelik was vir die vertaling van die Bybel in Ndonga.
Moenie hierdie misloop nie!
• Een van die bekendste besienswaardighede in die Oshanastreek, is die Nakambale-museum wat op die perseel van dié voormalige Sweedse sendingstasie geleë is.
• Reg oor die museum, is die Onandjokwe mediese museum - die eerste van sy soort in die land. Dit is op 22 Maart 2013 by die Onandjokwe-hospitaal in Ondangwa geopen en is gehuisves in een van die oudste geboue in die streek. Die hospitaal is immers al meer as ’n eeu oud. Hier kan besoekers ’n versameling van mediese toerusting sien wat uit sover as 1908 dateer. Mediese personeel en studente sal veral baat vind by wat hulle hier kan sien.
• ’n Relatief nuwe ontwikkeling is die Gwashamba Mall op Ondangwa wat in Mei verlede jaar geopen het. Hier is ’n verskeidenheid kettingwinkels beskikbaar.
• ’n Groot aanloklikheid is die Oponono-meer, 'n groot vleiland wat deur die Cuvelai-oshanas gevoed word. Ná 'n goeie reënseisoen, lok die meer 'n verskeidenheid voëls, insluitend ooievaars, flaminke en pelikane. Die meer is sowat 27 km suid van Ondangwa geleë.
• As jy lus voel om die Owambo-kultuur eerstehands te beleef, bespreek gerus blyplek by die Ongula Village Lodge tussen Ondangwa en Eenhana. Hier geniet gaste plaaslike tradisies, disse en drankies terwyl jy meer leer van plaaslike kuns en kunsvlyt.
• Die Tulongeni-kunsvlytmark is op Omuthiya geleë. ’n Mens sal beswaarlik die mark se oranje, geel en groen kleur mis. Dit word omring deur mahangulande.
• Vir ’n bietjie lafenis op ’n warm dag, maak gerus ’n draai by Bennie's Entertainment Park & Lodge op Ongwediva. Swem, ontspan en koel af onder die koeltebome, oornag, dans by die nagklub of geniet ’n ete by die restaurant.
• Die Eenhana-gedenkmonument is op dié dorp geleë om hulde te bring aan diegene wat tydens die stryd om onafhanklikheid hul lewens verloor het.
• Die Tsandi tradisionele tuiste is waar die koning van die Uukwaluudhi, een van die sewe Ovambostamme, tuisgaan. Hier kan besoekers die mense van Ovamboland ontmoet en meer leer van die plaaslike kultuur en lewenswyse. Handgemaakte items soos mandjies, houtbekers en kleipotte is hier te koop. Ingesluit in 'n besoek aan die tuiste is 'n begeleide toer na die monument by Ongulumbashe, wat die aanvang van die vryheidstryd in 1966 herdenk. Dit is sowat 100 km van Oshakati geleë.
• Besoekers kan die Kwanyama-kultuur eerstehands beleef deur die dorp Helao Nafidi te besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...