Die Ontwaking: Misdaadriller op die groot skerm
Die Ontwaking, ’n nuwe misdaadriller-rolprent gebaseer op ’n boek met dieselfde titel deur Chris Karsten, sal op 26 Februarie in uitgesoekte teaters begin draai.
Die vollengte rolprent, ’n debuut deur regisseur Johnny Breedt, verken die denke en motiverings van ’n psigotiese reeksmoordenaar.
Die rolprent het lof ontvang dat dit nuwe gebiede in die Afrikaanse rolprentbedryf betree.
Abel Lotz (Gys de Villiers) is ’n reeksmoordenaar en eienaar van ’n klein galery wat in Afrika-maskers en kuns spesialiseer. Hy is ook die kurator van ’n tatoe-versameling wat hy van pragtige vroulike slagoffers as deel van sy “kosmiese joernaal” kry.
Ella Nesser (Juanita de Villiers), ’n aantreklike, maar onervare moordspeurder, word met die taak belas om die reeksmoordenaar op te spoor, voordat nog ’n jong vrou vermoor word. Sy probeer haarself aan haar senior kollegas Fred Lange (Gerard Rudolf) en Silas Sauls (Paul Eilers) bewys. Sy is in ’n verhouding met Bam (Armand Aucamp) en probeer terselfdertyd ook die uitdagings in haar eie lewe hanteer.
Abel is egter geslepe en vasbeslote om sy joernaal te voltooi. Vir sy opkomende vyftigste verjaarsdag het hy ’n spesiale geskenk vir homself in gedagte – ’n nuwe gesig. Dié van ’n pragtige jong vrou sal werk, miskien dalk die een wat aan ’n jong vroulike speurder behoort.
Breedt het voorheen kortflieks waaronder Paljas, Hotel Rwanda en A Long Walk to Freedom die lig laat sien.
“’n Paar jaar gelede het ek besluit om ’n Afrikaanse fliek te maak. Ek het ek by ’n boekwinkel ingeloop, op soek na inspirasie. Toe het ek Abel se Ontwaking deur Chris Karsten ontdek. Ek het dit op ’n vlug na Amerika gelees en kon dit eenvoudig nie neersit nie,” sê Breedt.
“Chris het die boek as die eerste deel van ’n trilogie geskryf en ek glo dit sal ’n fantastiese rolprent maak. Die genre is baie donkerder as wat ek verwag het my eerste rolprent sou wees, maar dit is ook wat my aangetrek het.
“Ek wou myself as skrywer en ’n regisseur uitdaag en dit was die perfekte geleentheid. Ek wou die gehoor na plekke neem wat hulle ongemaklik maak.”
Die Ontwaking is ’n samewerking tussen The Showroom Theatre, Advantage Entertainment en Enigma Pictures en het die toekenning vir beste rolprent by die 2015 Indie Karoo Filmfees ontvang. Dit is in die Kaap verfilm.
Die rolprent is ook gekies om by die openingsaand van die Eden Independent Film Festival in George te speel asook by die afsluiting van die South African Horror Fest op 6 November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie