Die ou Skotse monster en ander diere
Nessiteras Rhomboteryx klink soos gekskeerdery, maar dit is die geleerde naam wat Sir Peter Scott se Ness-ondersoekspan in 1972 aan een van die Skotte se hardnekkigste legendes gegee het. Hy mag dit speel-speel, tong-in-die-kies bedoel het. Of moontlik nie.
Vaar oor hierdie donker meer se 37 km-lengte en die alledaagse raak geleidelik geheimsinnig. In helder daglig speel donker, dramatiese reënwolke saam en jy begin glo dat as daar so iets is soos die Loch Ness-monster, dit die absolute regte waters vir een is. Of twee. Of meer.
Boonop vertroebel die Hooglande se turf die varswatermeer en verhoed dus helder onderwater sig. Waar 'n mens nie duidelik kan sien nie, neem die verbeelding oor en jy sien later wat daar nie was nie. Alles dra by om die ontwykende ongedierte se geloofwaardigheid te versterk. Dit en die deursnee Skot se onbeskaamde geloof dat Nessie bestaan.
Die boot het 'n sonarskerm en enigiets so groot soos 'n 60 miljoen jaar oue uitgestorwe Plesiorsaur, byvoorbeeld Nessie, behoort daarop te wys. Maar die beeld bly stil en vertoon net die konstante veranderende bodemkontoere van die meer met die grootste volume in Skotland. Die Ness-monster se eerste gedokumenteerde verskyning is, soos alle goeie legendes, vermeng met die mistieke. In die 7de eeu sou die dier een van Sint Columbus se manne aangeval het. Die heilige vervies hom toe só dat hy dit beveel om die man onmiddellik te los. Die dierasie staak toe so wragtig dadelik sy aanval. Volgens die storie het dit gelyk of die vreesbevange monster “met toue die meer ingesleep word”.
Ons boot draai om by die ruïne van Urquhart-kasteel, waar die eertydse bewoners duiwe aangehou en geëet het. “Moenie die boodskapper eet nie”, kom by my op. Hier is Nessie blykbaar gereeld gesien. Ons moet tevrede wees met 'n afwesige monster, 'n bouvallige kasteel met 'n bloedige verlede, 'n sopie whisky of twee en die replika van 'n antieke werper op die oewer.
Op ons terugvaart vul die heimwee van die Skotse Hooglande die passasierskajuit. 'n Sersant-majoorfiguur, 'n beneukte Skot met getatoeëerde boarms, is in beheer van die passasiers. Hy beveel almal kort en kragtig rond en bont.
Dan toon hy sy sagte kant en begin populêre tradisionele liedjies oor die interkom sing. Teensinnig begin die somber meer, die ou hoop klipkastele en die geykte legende in my gemoed broei. Waar niemand my kan hoor nie, gaan ek na die agterstewe van die boot en sing vals saam soos 'n tjankende hond.
“And we'll all go together, to pull wild mountain thyme, All around the bloomin heather, Will ye go, lassie go?”
Heerlik om so met 'n Germaanse weltschmertz te wroeg. Dit is kosbare sielsvermaak uit die verre verlede, prysloos.
Ek vermoed dat die Skotsman vir die lekkerte sing en basta as jy nie daarvan hou nie.
Daar is verskeie bootvaarte op die meer en dit is wys om aanlyn te soek na die trippie wat jou sal pas.
Op die Hooglande se malse groen weivelde staan bisonagtige diere op kraal. Die vleis van hierdie langhaarbeeste is op sommige eetplekke se spyskaarte.
“Maar nie die moeite werd nie,” meen 'n Skot. Die dierasies het geen vetlaag nie en daarom moet die dik haardos instaan en hul warm hou gedurende die bibberkoue winters.
Hulle word vermeld sedert die 6de eeu en die Skotte spog dat hulle die oudste opregte beesras ter wêreld is. Al lyk hulle soos kwaai kalante, 'n bul kan tot 800 kg weeg, is hulle uiters mak. Die wilde haredos heet 'n dossan, en hul snoesige harejas verhaar gedurende die lente. Andersins werk die lang kuif as 'n insektepiets en reënveërs.
Ons maak 'n draai en skielik staan hulle daar. Hulle lyk soos oorgroot skape. Ons beloer die seldsame wit llamas en wonder wat maak die Suid-Amerikaanse kameelskaap hier.
Hulle kyk na ons en wonder miskien dieselfde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie