Die 'perd' kom nie terug: Ekandjo
Estelle de Bruyn - Met die aanvang van die verrigtinge om die nuwe gedenkmuseum vir onafhanklikwording te open, het die minister van jeug, nasionale diens, sport en kultuur, mnr. Jerry Ekando, enige gedagte om die Ruiterstandbeeld terug te bring, verwerp.
Namibiërs van heinde en verre het die verrigtinge bygewoon. Namibië se nuutste museum is net langs die Alte Feste, een van die oudste geskiedkundige geboue in Windhoek, geleë.
In sy verwelkomingsrede het Ekandjo ’n brief van die plaaslike prokureursfirma, Adreas Vaatz en Vennote, voorgelees waarin die heroprigting van die Ruiterstandbeeld geëis word. Die Ruiterstandbeeld is in geheimsinnige omstandighede op Kersaand verlede jaar verwyder en in die vierkant by die Alte Feste-museum geplaas. Die volgende dag is begin om die klipvoetstuk van die standbeeld af te breek.
Ekandjo het gesê die terrein waarop die museum opgerig is, is die plek waar ’n konsentrasiekamp tussen 1902 en 1908 meer as 7 000 Herero- en Namasprekende Namibiërs gehuisves het, waar hulle gemartel is en van waar hulle onder meer na Shark-eiland by Lüderitzbucht geneem is en die dood in die gesig moes staar. Hy sê dit is hier waar vroue gedwing is om die vleis van die koppe van hul dooie mans af te kook en hul skedels in houers te pak om na Duitsland gestuur te word.
Ekandjo het dit duidelik gemaak dat Namibiërs vir 31 jaar ’n stryd gevoer het teen Duitse kolonialisme en daarna vir 75 jaar aan apartheid Suid-Afrika se onderdrukking onderwerp was. Dit het Namibiërs genoop om die wapen op te neem en vir hul vryheid te veg, iets wat op 21 Maart 1990 behaal is.
Hy het verwys na mense met "dubbele lojaliteite aan sowel Namibië as Duitsland" en gesê dubbele burgerskap word kragtens die Namibiese grondwet nie toegelaat nie.
"Toe Wes-Duitsland en die Duitse Demokratiese Republiek verenig het, het hulle die Berlynse muur afgebreek en ons het nie daaroor gekla nie. Niemand gaan ons dwing om die 'perd' terug te bring nie. Ons het in die bevrydingstryd geveg en die land uiteindelik bevry," het Ekandjo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie