Die pienk kant van trauma
Lloyd Zandberg - Die gerugte is waar: Pink is terug op die musiektoneel met 'n nuwe album genaamd Beautiful Trauma, wat in Oktober uitgereik gaan word. Pink het haar opwinding oor die nuwe album gedeel toe sy haar enkelsnit “What About Us” op Instagram geplaas het. “Ek kon nie meer opgewonde wees nie. Beautiful Trauma sal 13 Oktober beskikbaar wees. Ek is baie trots op die nuwe klanke. Ek is so dankbaar vir al die suksevolle jare wat ek gehad het en ek sien uit daarna om dié nuwe hoofstuk met julle te deel,” het sy op sosiale media gesê. Die laaste keer wat ons van Pink gehoor het, was toe sy in Maart die enkelsnit “Waterfall” saam met Sia bekend gestel het. Die nuwe album sal die 37-jarige sanger se sewende LP wees, en die eerste ná 2012 se “The Truth About Love”. Doen jouself ’n guns en luister na haar enkelsnit op YouTube. Jy gaan sommer beter oor alles voel. Veral as jy tans trauma ervaar.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie